× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 8 months ago #157976 by Kinderelomelo
Ai Kriek, ek ken jou regtig nie maar my hart is baie seer vir jou vandag. Sterke vir julle. Jy moet maar nog huil as dit nodig is hoor.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #157972 by Kinderelomelo
ankia wrote:

Ek het nou vir Marie gesms,maar sy het nog nie ge-antwoord nie

Klippie - sterkte vir vanmiddag

Hier is 'n foto van boeta wat ek die naweek geneem het


Pragtige pragtige pragtige ou blondekop seuntjie Ankia. My seuntjie het net so witkoppie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #157966 by Lia
Middag dames

Hexy, ek hoop die bloedtoetse vertel die dr darem iets. Ouch vir tandarts !!

Dankie Slakkie !! As ek dit reg het, skip julle hierdie maand en probeer weer volgende maand ne ?

2km – Jy maak my nou net honger, maar bly dit het so goed afgeloop.

Ansa, oooh dis nou ‘n lekker bederf !!

Ella, ek stem, ek love jou krulle.

Klipper, ek sien uit na jou nuus more oggend.

Ankies, ek het jou phodies op fb gesien, dis pragtig !! Dankie vir die update van Marie.

Strikkels, hoe het ek daardie een gemis. Whooohooo vir positiewe OPK’s !!! Nou hou ons duim vas vir positiewe BFP !!

Ai Kriek my hart bloei vir jou. Ek is soooo bly jy het by so ‘n ondersteunende gyne uitgekom – hulle is skaars. Daar is nie woorde om jou te troos nie, wens ek kon jou ‘n drukkie gee. ((((HUGS))))

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #157954 by Kriek
Hi julle, net gou n update, jammer ek update nou eers, maar ons internet was af.

Ek het gisteraand begin bloei, gelukkig was ek voorbereid op dit gewees omdat ek geweet het die telling is so baie af en dat dit een of ander tyd kan gebeur. My hart was nog steeds baie seer, maar ek en Dh het toe sommer gepraat en gese, ons ttc paadjie eindig sommer net gisteraand, want ons wil nie meer deur al die dinge gaan nie. Ons gaan van nou af konsentreer op dit wat ons het en voorentoe beweeg as gesin.

Ek moes vir Divan'tjie ook vertel het die baba wil nie meer groei in my maag nie, gelukkig is hy nog so klein ek dink nie hy weet regtig wat aangaan nie. Hy het net gese "Dis ok mamma, gaan hy nou net soos n rys korreltjie bly" en toe ek huil gisteraand toe vra hy ook "Mamma, hou nou op met huil, want jy is nie alleen nie" Net nog n rede om te fokus op my kind en dankbaar te wees vir hom.

Ek het die gynie gaan sien, baie baie nice vrou, dis die eerste keer dat ek na haar toe gaan, omdat ek nie my gynie in die hande kon kry vir n afspraak nie, toe maak ek een by die Dr.
Ek het by haar gesit en huil en sy het die tissues uitgehaal en toe begin verduidelik. Ek het n Blighted Ovum gehad. Sy het ook gese daar is geen rede hoekom ons nie normaal weer kan swanger raak nie. Sy het sonar gedoen, en ek moet haar oor 2 weke weer sien dat sy net kan kyk of die baarmoeder skoon is en als uit is.

Ek het haar ook gevra om my weer op die pil te sit, maar sy het gese ons sal weer daaroor praat oor twee weke as ek haar kom sien, en as ek dan nog dieselfde voel sal sy vir my n voorskrif gee.

Nadat ek by die Dr was, voel ek regtig baie beter, want ek weet as die fetus enigsins verder ontwikkel het sou daar iets fout gewees het met baba, en niemand wil dit he nie. So ek voel regtig ok met die hele ding.

Dankie vir julle almal se ondersteuning en belangstelling. Ek waardeer dit regtig baie.

En vir almal van julle wat nog probeer vir n klein wonderwerkie - Baie Babydust vir julle, en ek gaan aanhou bid vir julle dat julle almal binnekort n bondeltjie liefde vashou. xxx


Marie, Jipee, so bly om te sien die tyd is hier

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #157949 by sexy~hexy
AAAAAH MARIE...uiteindelik tyd vir jou :)

Ja nee, Marinus gaan sommer vinnig sy opwagting maak :)

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #157943 by KarinM
:woohoo: Marie!! Yeah!! So bly jou daggie is uiteindelik hier! :laugh:
Sterkte en mag jy sommer gou gou vir Marinus vashou!

lb1f.lilypie.com/TikiPic.php/0w8WPCH.jpg[/img] [/url]

File Attachment:

11 Year old Daugther - Arina
4 Year old Son - Reuben
Baby Girl - Kiana

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #157934 by Goggatjies
marie het laat weet, sy is in hospitaal, is al 8 cm ontsluit - whoo hoo
Sterkte marie, by later vanmiddag hou jy vir boeta vas

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account