× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 8 months ago #157838 by sexy~hexy
More almal...of eintlik al middag

Het gou vanoggend gaan bloed trek en toe na die tandarts. Ek sien my bloedtoets is vir glukose, insulienweerstand, skildklier en nog ander goed...volle drie buisies bloed. En was amper 'n uur by die tandarts, het my twee keer doodgespuit want daar was 'n senuwee wat bly neuk het...so ek sit nou hier met 'n lekker pap mond wat dood is ...

Het iemand al iets van Kriek gehoor...haar afspraak was mos 11h15.

Valentynsete was toe heel lekker, DH het sommer vingerete goedjies gemaak...kon nou nog nie BD nie aangesien AF nog nie heel weg is nie...

Hi G...sterkte met die oefen vir die Two Oceans!!!

Karin...sal nou gaan loer na die maternity fotos...sterkte met die huis soek :)

Welkom terug Ankia :)

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #157781 by Cornel
Ai! 5de keer!

Dames soos julle kan sien,SUKKEL EK MY DOOD!

Ek gaan nie personals doen nie!

Ek het 'n stukkie by die bybelstudie groepie gepost.....gaan lees gerus!

ONS IS KRAGLOOS!

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #157738 by Slakkie
More dames

Ek het geen nuus aan my kant nie.

Strikkie het julle al 'n plan gemaak met die dokter skies as jy al gesê het maar ek kan nie onthou nie.

G dis lekker om jou weer te sien!! Jy moet vir ons weer 'n foto opsit van Denys.

Ansa shame jou arme man so maag bug is aaklik.

Anje ek wou nog sê jy het 'n stunning babyshower gehad.

Ella jy het stunning hare!!! Jy hoef dit nie reguit te maak nie!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #157705 by Goggatjies
Goeie More

Kriek - vriendin, ek dink aan jou.
Sterkte vir vandag

Ek het so 'n hoofpyn ek kan nou niks verder onthou nie

Ons naweek was lekker, ons het lekker rongery en dan al die valleie en dinge gekyk, daar is nie veel iets anders om te doen nie.Het net baie rond gery, sal later bietjie foto's opsit

Lekker dag

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #157675 by Kinderelomelo
More almal

Hoe gaan dit vandag? Hoop almal het 'n heerlike valentynsaand gehaad? Ons s'n was heerlik. Het perfek afgeloop. Kiddies het mooi saamgespeel en vroeg gaan slaap. Heerlike kos gemaak tot creme Brulee's aanmekaar geslaan op nr 99 en dan ....... Flippit, dis die eerste ordentlike valentynsdag wat ons in jare het.

AFM: hoopenlik binnekort O, weet net nie wanneer nie. Sal maar net baie BD vir ingeval oor die week en volgende. het so klein bietjie O pyne gehaad gister maar dit kan wees van die Papsmeer wat ek gister oggend gehaad het.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #157618 by Lia
Soos julle kan sien het ek gou kom opvang voor ek more oggend te besig raak.

AFM: Ons het vanaand die hospitaal "maternity ward" toer gedoen en dit was absoluut die moeite werd. Dis 'n bietjie anders as wat ek gedink het en ek moet se ek voel nou meer rustiger daaroor. Ons het sommer net gaan uiteet vanaand, maar ek is nou lekker dood moeg, gaan nou in die bed klim.

Julle moet 'n heerlike dag he more.

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #157617 by Lia
Morgs, oooh geniet julle aandjie uit en die res van die vakansie. Toemaar die tas se goed is reg, ek moet net in pak, amper daar.

Kriek, baie sterkte vir more, ek hoop tog jy kry goeie nuus.

SH, ek dink eintlik dis cool dat jy self die kaartjie maak.

Ella, ooh dis altyd lekker om 'n ekstra geldjie te kan kry, dis die harde werk die moeite werd.

Gbaby, lekker om van jou te hoor. Ja, ek het die pragtigste goed gekry, geen dubbels en niks wat ek wil omruil nie. Ag shame arme ouboet. Die aanbouery is definitief die moeite werd, hou maar uit met die gemors, hoop dis gou op 'n einde. Sjoe maar jy is fluks om die two oceans aan te pak, ons hoop die knie en heup pyn verdwyn gou.

Karin, ek gaan loer gou jou phodies.

Oi Ansa, dis baie goor, ek hoop dis net 'n 24 hour bug ding en dat ml gou beter is.

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account