× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 7 months ago #157608 by Ansa_S
Hallo almal,

Jammer ek was so bietjie MIA vandag en vrydag.

Kriek ek dink aan jou, die gewag maak mens klaar.

Julle ander ek gaan nie eers probeer opvang nie.

Het van gister af my man genurse, hy het skielik gistermiddag half 6 vreeslik begin opgooi en maag wat werk gekry, het naderhand ons apterkersvriend gebel en hy het vir my die apteek oopgesluit vir medisyne, maar dit het nie gehelp want hy kon niks inhou nie, half 9 die aand toe raak ek benoud vir ontwatering en bel huisdr, moes my man toe opvat hospitaal toe vir 2 inspuitings.

So ek het die hele aand nie geslaap nie, want die inspuitings het gehelp vir die opgooi, maar sy maag was nog dwarsdeur die nag onlekker, hy het vandag by die huis gebly en als het eers gestop hier net na 4.

Ek moet se ek is gedaan, want ek kon nie slaap nie, was bang hy word erger in die nag. En MJ moes seker gevoel het sy mamma is bekommerd want hy het my toe maar die hele nag besig gehou met al sy bewegings.

Nog net 8 weke vir my jippppeeeeeeeeeeeeeeeeeee!

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #157553 by Cornel
Dames ek gaan groet!

Moet nou vir dh gaan wakker maak.....

Ons gesels weer more!

NOG NET 16 SLAPIES!!!!!!!!!!!

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #157549 by ella~bella
Karin, jou pics is beautiful!!! Sjoe jy lyk baie goed! Geniet die laaste deel van jou swangerskap!

Hallo GBaby, sterkte met die oefen vir die 2Oceans! Ek gaan ook dan in die Kaap wees, maar nie om te hardloop nie! My tong hang op die grond na 3 km!!!

FS: Dr Siebert @ Aevitas Clinic

Oct10 - IVF#1 - BFN
Dec10 - IVF#2 - BFN
Apr11 - FET#1 - BFN

POA - IVF#3 - Jun11

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #157539 by G Baby
Hello almal-ek was vrek lanklaas hier,ek kom darem gereeld op FB dan sien ek darem daar nuus van meesste van julle. Ek word net so besig gehou met die werk en die 3 kleintjies dat ek net nie kans kry om te kom chat nie.

Marie kan nie glo jy is amper 40 weke nie-baie sterkte ek hoop jy het 'n maklike geboorte en dat als goed sal afloop.

Anje-hoe gaan nog met jou-sien jou ooievaarstee fotos op fb,dit lyk of dit baie lekker was- het jy mooi goedjies gekry?

kriek-ek hoop die dr het more goeie nuus vir jou-ai ek dink aan jou en baie sterkte,dink aan jou.

morgan-sien julle hou lekker vakansie-die fotos te cute van carli en haar pa. Wanner sien ons bietjie vir mamma en carli ok-lat pappa bietjie fotos neem toe!!!! anyway sy is te pragtig.

Hello aan de ander ok,hexy,cornel,karin,ella 2kid

De Nys het twee tandjies-hy nou te cute-doen alerhande snaakse goeters en gryp als wat naby genoeg is,hy boelie ook al sy ouer boetie-het hom aan die hare beet gekry en dit was groot tranedal.....
Riko en denys vrot van die verkoue,maar ek kry hulle nog sover gedokter-dink nie dis al nodig vir dr toe nie.
verder is dit gaos by my huis,ons bou aan.....als is deurmekaar en vol stof-maar ek sal nie kla nie,want ek kry uiteindelik na 2 jaar se mooi vra,nog 'n slaapkamer en lekker leefvertrek.

verder is ek nog aan die draf,ons is ingekryf vir die two oceans so ek moet maar. Sukkel bietjie met seer knie en heup,hoop maar dit kom reg,want ek wil nie uit chicken nie.

mooi bly julle!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #157523 by Kinderelomelo
BAAAIE dankie vir jou stem ella-bella, het het hom gesien. Dis 'n ouerige foto op die kompetisie, ek was toe blonde gewees nou is ek 'n doker brun kleur hare en in die foto op my avatar is ek sonder bril.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #157521 by KarinM
Hi julle, ek het 'n klompie van my maternity en familie shoot fotos gepost op die March/April Mommies to be link - dis nogal 'n paar so ek wil nie dubbel post hier ook nie. Gaan kyk gerus as jul wil... :) So bly ons het dit gedoen, dis sulke goeie memories, veral aangesien dit my laaste keer is.

Mooi aand vir almal. Gaan nou aflog... hubby wil na 'n huis gaan kyk. Ons soek nog huis ook. Die eienaar van hierdie huur huis wou nie byt aan ons offer nie, en wil nie verkoop nie. So huis soek is ons voorland.

Toodles!

PS - Kriek ... dink baie aan jou... XXX

lb1f.lilypie.com/TikiPic.php/0w8WPCH.jpg[/img] [/url]

File Attachment:

11 Year old Daugther - Arina
4 Year old Son - Reuben
Baby Girl - Kiana

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #157518 by Cornel
Hi Ella,baie dankie vir die raad....sal maar sien wat doen dh as ons nou SA toe gaan.......

Ek het 'n nuwe stukkie op die BYBELSTUDIE GROEPIE gepost......DAMES ASB ONS MOET NIE DAT DAAI GROEPIE STIL RAAK OF DOODLOOP NIE!!!!!!!!

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account