× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 7 months ago #157924 by Strik*kie
Ella, toemaar ek het nog 4kg om te gaan en staan ook stil, maar nou oefen ek nie meer nie, moet net weer begin.
Ja - kry nou elke mnd + opk ;)
Ankia, nice fotie. W is so cute!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #157908 by Goggatjies
Ek het nou vir Marie gesms,maar sy het nog nie ge-antwoord nie

Klippie - sterkte vir vanmiddag

Hier is 'n foto van boeta wat ek die naweek geneem het
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #157897 by ella~bella
Ja Strikkie, April kom te vinnig naby! Ek wil graag gewig verloor voor dan, maar soos jy kan sien op my ticker, gebeur daar niks!

Ek sien jy kry sulke lekker + OPK!!!! Dit klink belowend!

Klippie, sterkte met afspraak. Weet sommer dit gaan goed gaan!

FS: Dr Siebert @ Aevitas Clinic

Oct10 - IVF#1 - BFN
Dec10 - IVF#2 - BFN
Apr11 - FET#1 - BFN

POA - IVF#3 - Jun11

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #157892 by klippie
More dames! Hoop dit gaan nog goed met almal. Jammer ek is bietjie MIA - nogal besig!

Baie baie baie dankie vir almal se verjaarsdagwense - ek het 'n heerlike dag gehad, en partytjie gehou die naweek - dit was awesome!

Ek het gou kom loer oor nuus van Marie en Kriek. Ek dink aan julle tweetjies!

AFM: Ek is nou op CD 2 en my afspraak by die FS is vanmiddag. EEEEEEUUUUWWWWWWWWWWWW. Sal maar vir haar se geen ondersoek! Afspraak is baie laat, so ek sal more-oggend kom rapporteer!

Soet wees!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago - 15 years 7 months ago #157891 by ella~bella
Ansa, 75 is 'n goeie telling vir IVF.

IVF werk anders as 'n normale swangerskap. Die kliniek het vir my gese dat gemiddelde telling vir 10dae na terugplasing tussen 5 - 25 is.

So dalk verwag sy nog 'n 2ling! Sien dag 10 is maar 3.4 weke wat nog baie vroeg is.

18 is baie eierselletjies, ek het 14 gehad... dieselfde storie van almal bevrug nie. Ek het net 5 gehad wat goeie kwaliteit was. So ek voel eintlik minder maar beter kwaliteit is beter.

FS: Dr Siebert @ Aevitas Clinic

Oct10 - IVF#1 - BFN
Dec10 - IVF#2 - BFN
Apr11 - FET#1 - BFN

POA - IVF#3 - Jun11

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #157890 by Strik*kie
Hi Ella, dit gaan goed, net bietjie dol om my werk in te haal met die wat ek laasweek nie by werk was nie :) April kom nou vinnig nader ne?

Sjoe Ansa, 18 is baie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #157889 by Ansa_S
Dankie strikkels!

Julle hier is 'n vroutjie in ons dorp wat gegaan het vir IVF, hulle het 18 eierselle by haar geoes, en toe 3 bevrug, sy het vir dr gese om net 2 in te plant.

10 dae na inplanting het sy 'n positiewe POAS gekry en bloed het gewys 75. Die vrou by bloed het gese sy moenie te opgewonde wees nie want dis 'n lae telling, maar ek dink weer anders want dit is maar net 10 na inplanting, so ek hou duim vas vir haar dat dit sommer gou optel.

Maar kan julle glo 18!!!!!!!!!!!!! EIERSELLE ongelooflik!

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account