× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 7 months ago #157250 by elrike02
Guess what.....? My man het nou-net vir my 'n bos blomme laat aflewer!!!!!!!!!! Ai, ek is darem gelukkig!!!!! Gedink hy het vergeet dit is Valentynsdag! Hoop julle almal word ook so lekker bederf!!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #157240 by elrike02
Goeie more julle almal!
Gelukkig Valentynsdag aan julle elkeen! Hoop julle word lekker baie bederf vandag!!!

Ons is darem terug van die naweek by Shumba's.... NOu-nou ent terug gekom! Sjoe, dit was 'n wille naweek! Dankbaar dit is verby!!!

Kriek - sterkte vir jou..... (Dalk moet jy maar dr toe gaan) Ek dink aan jou!

Hexy - klink of jou afspraak heel positief was!!!! Ek is seker jy sal gou al die antwoorde kry wat jy soek.... en hopelik binne 'n paar maande is jy swanger!!! :-) My AF het Vrydag opgehou! :-) NOu is ek op Dag 4 van Clomid!

Hi Tienka, AnjeD, KarinM, Marie r, Mooi dag vir julle almal!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #157197 by Tienka
Ai dolla, my hart is seer vir jou!! Sterkte, daar is nog hoop, probeer maar rustig wees en kyk of jy jou gynie vroeer kan sien sodat jy weet, die onsekerheid maak mens mal!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #157192 by Lia
Hi Hexy, klink of jou afspraak goed afgeloop het, jy klink sommer meer positief. Dis wonderlik en nou het jy weer 'n pva darem.

Kriek, gaan liewer dr toe, want my 1ste miskraam het ek ook nie gebloei nie, hulle noem dit 'n missed miscarriage, dan moet jy 'n skraap kry en dit kan infeksie veroorsaak wat weer na ander probleme kan lei, maar ek gaan hoop jou telling gaan gou weer op. Ek is seker die dr sal jou oor twee dae weer laat toets. Laat die dr sommer jou progesteroon toets. Sterkte Vriendin, my hart breek vir jou, jy moet asb. probeer positief bly.

Marie, ai ek hoop M verras ons almal en daag vandag op. Ek is bly jy kon so lekker kuier met jou ma, ma's is wonderlike goed. Dankie vir jou leesstukkie, dis so waar.

Hallo aan almal anders, ek is terug by werk, voel effens lam en tam, maar hoop dit kom reg. Happy Valentine's Day !!

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #157185 by sexy~hexy
Ag nee Kriek :( Dit is nou regtig jammer om te hoor. Dalk moet jy maar gynie toe gaan sodat sy kan kyk wat sy sien, die gewag gaan jou dalk nie goed doen nie, jy gaan heeltyd wonder wat aangaan....(((drukkie))) vir jou!!!

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #157178 by KarinM
More dames,

Ek loer elke nou en dan in om op hoogte te bly al kan ek nie heeltyd gesels nie, het soveel om gedoen te kry by werk, dit hou my vreeslik besig... :( En dan is dit ons finansiele jaar einde ook binnekort en ek gaan Kiana he oor daai tyd, so dinge is maar woes.

Hexy - ek is so bly jy het na so 'n nice gynea gegaan en dat hy lyk of hy jou sal kan help. :) Sterkte daarmee, mag jy binnekort ook vir ons goeie nuus he!

Marie - jong ek hoop vandag is ook jou daggie!! Klein Marinus weet net nie hoeveel bederf, liefde en aandag hy al mis nie... hehe. Sterkte vir jou, hoop dit gebeur nou gou!
Daai stukkie wat jy gepost het is so mooi en treffend! Dankie.

Kriek - ag nee Kriekie... ek bid dat alles wel nog reg is... mag dit net 'n onverklaarbare "iets" wees en jy vir ons goeie nuus bring gou weer. Dink aan jou... sterkte en baie (((hugs)))!
XXX

lb1f.lilypie.com/TikiPic.php/0w8WPCH.jpg[/img] [/url]

File Attachment:

11 Year old Daugther - Arina
4 Year old Son - Reuben
Baby Girl - Kiana

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #157163 by Kriek
More almal.

My hart is baie baie seer van gister af. Ek was Saterdag weer vir n bloedtoets om te kyk of my telling mooi opgetel het. Gister toe ek di dr bel toe is my telling af na 53. So iets is nie reg nie. Ek weet nie wat om te doen nie, op die stadium voel ek, ek wil nie vroeer gynie toe gaan nie, omdat dit nog so vroeg is en sy nie eintlik iets sal kan sien nie. Die natuur moet sy gang gaan, ek het nog nie begin bloei nie, so ek wag maar om te kyk wat gebeur. Dit klink dalk of ek nie vreeslik omgee nie, maar ek sit met sulke mixed emotions, ek weet nie hoe om te voel, wat om te dink en wat om te doen nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account