More almal
HAPPY VALENTINES DAY
Ek weet almal het verskillende opinies oor Valentynsdag, maar dis darem die een daggie wat mens daardie persoon in jou lewe ekstra spesiaal kan laat voel...so hoop julle almal word lekker bederf!!!
Ons naweek was heel rustig. AF het Saterdag sommer heel opgehou, het geweet sy moet sodat ek die gynie kon sien. Baie aangename gynie, kalm en stil en rustig en praat so sag...ek het my geskiedenis vir hom uitgetik, hy het notas gemaak en toe 'n inwendige sonar en papsmeer gedoen. Goeie nuus - hy sien geen siste

Hy sien skoon eierstokke met eierselletjies. Hy gaan nou die verslag aanvra van my Lap van verlede jaar om meer duidelikheid te kry wat daar was, want hy se as dit endometriose is sal mens dit nie met die gewone sonar kan sien nie. Op die stadium vermoed hy ek ovuleer nie, so ek moet gaan vir bloedtoetse. Ek moes vandag gaan, maar gaan more gaan en dan weer op cd21. Hy se indien ek nie ovuleer, sal hy medikasie gee om dit aan te help - wat seker clomid is? En as dit dan nie werk, sal hy 'n Lap doen om in die eierstokke in te gaan en te sien wat is fout.
Ek is vandag op cd5, en het besluit om nie die maand die Soy te drink nie. Het gister weer AF gehad, maar lyk of dit nou einde se kant toe staan...
So my lente-baba sal dalk nou 'n somer-baba word...maar at least sien ek Saterdag se afspraak as goeie nuus en is ek bly ek het gegaan
Julle moet 'n lekker daggie he, het weer vandag 'n paar goed om te doen, so sal net weer roofkyk