× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 7 months ago #156654 by sexy~hexy
More almal

Terug in die tuig vandag, maar gaan 'n dol dag wees, so ek gaan net roofkyk. Weer tydstaatsluiting vandag en Maandag.

Jayden het Woensdagnag so paar keer opgegooi, toe hou ek hom by die huis, want dagmoeder wil nie dat ons kids soontoe vat as hulle siek is. En ja, gister makeer hy niks. Bietjie snotterig, so ek dink dit was seker maar die sinus wat hom laat spoeg het.

AF het Woensdagaand opgedaag, maar eers gister in volle glorie. Ek vloei erg, maar lyk darem vanoggend beter. Sy beter teen more-middag 15h30 redelik weg wees, sodat ek die gynie kan gaan sien.

Julle almal moet 'n bevange Vrydag he!!!

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #156558 by Kriek
Anks, ek weet nie of wil jy normaal of keiser nie? Ek weet sy is nie baie vir normaal nie. Hoekom ek van haar hou, met Divan was my vrugwater amper heeltemal klaar na die einde toe, en sy het my gemonitor dat ek kon loop tot ek nie meer kan nie. Maar ek sal nogals hou daarvan om te weet hoekom jy nie na haar toe wil gaan met swangerskap nie. Na wie toe gaan jy?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #156555 by elrike02
Dankie Ankia! Ek sla bietjie 'n draai daar gaan maak! Ek het laaskeer so baie plekkies op internet gesien, maar nou kan ek nie onthou wat was my search phrase nie.... :-(

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #156521 by Goggatjies
Elrike
Jy weet seker waar Rock cottage is, net langs daar is daar mos 'n chapeltjie, en langs die chapel is daar 'n paar winkels, een van daai winkels is 'n naaldwerk plek, my ma doen daar naaldwerk en sy verkoop die mooiste goed.

Lekker dag

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #156512 by elrike02
Dit klink te lekker Ankia! Ons gaan ook die naweek weg, Naboomspruit toe.... Maar vir werk ;-( Of ek gaan seker hopelik 'n jol he! Sou graag volgende naweek ook wou gaan vir die Innibosfees.... Maar nou ja, ons gaan die einde van die maand ook, en 3 naweke agtermekaar is bietjie rof op 'n mens se sak!

Kriek - Die dokters is maar duur. Ek was voorheen byu Dr. Engelbrecht, wat ook by Wilgeheuwel is, maar nou by Dr. van der Watt by Flora!!! (Ek is mal oor v/d Watt, ek het Luwan by hom gehad)

Julle wesranders - weet julle nie van kunsnaaldwerk winkels nie, want die Embroidery plek wat ek van weet het nie mooi prente om uit te werk nie.... Ek is nou sommer teleurgesteld, want my prentjie is klaar :-(

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #156496 by Goggatjies
Kriek, Wypkema is my dokter ook, maar ek sal nie na haar gaan vir swangerskap nie. Sy is nice om net check ups te doen, maar voel maar net anders oor sekere goed as sy. (Ek is baie hardkoppig)
So ja, nou weet ek hoekom dit so duur is, sy is 'n baie duur dokter, vra net vir gewone ondersoek R500.00

Elrike, ons gaan bietjie Crystal Springs toe, ry more oggend en kom Maandag terug.

Ek gaan nou ry, lekker naweek, praat weer Dinsdag

Kriek, kyk mooi na jouself. Kan nie wag om jou eerste scans te sien nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #156449 by Kriek
oeeeee neee Ankia, Krugersdorp Privaat sien my net as ons MOET ongevalle toe, ek pes daai plek en sy dokters.
Ek is by Wilgeheuwel by Elmarie Wypkema, ek was by haar met Divan en ek het baie vertroue in haar.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account