× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 7 months ago #156444 by elrike02
Driekie - Jong ek sal net so vies gewees het.... Maar hulle dink mos maar altyd ons is teen hulle. Hulle vergeet dat hulle nie die regte prosedure gevolg het nie! Ai, ek is so dankbaar ek is nie meer in so werksomgewing nie. Ek sou lankal (moontlik) in die tronk beland het!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #156440 by elrike02
Hi julle dames!
Klippie- Baie geluk met jou verjaardag! Mag daar nog baie mooi en geseende jare vir jou wees! Hoop jy het 'n lekker dag.

Cornel - Bly jy voel beter vandag!

Kriek - sjoe dit is nogal 'n stywwe bedrag! Wonder hoeveel is my genikoloog deesdae? Ek moet dalk bietjie uitvind!! LOL

2KM - jammer oor jou ooginfeksie en griep. Sterkte vir jou en ek hoop jy voel sommer gou-gou weer piekfyn! En die kat rekening is erg. Ek sal dit vir die ander eienaars stuur!

Ankia - Waneer gaan jy op verlof?

Marie - Ek hoop regtig jou kleinman besluit om vinnig te kom! Hou ons op hoogte!

Ons was weer Mom's & Tots toe vanoggend! Luwan is 'n regte katjie van die baan! Ek voel darem weer ok. dit is nou nog net die stupid puisies op my ken, maar sla seker so oor 'n dag of 2 weg wees! Begin more met Clomid!!! :-)

Julle moet 'n fantastiese dag verder he!

Ek wil gou gaan kyk of ek 'n lappie kan kry om uit te werk! Die een wat ek uitgewerk is nou klaar..... En ek het iets nodig om die naweek te doen, anders gaan ek mal word!!

Tot later!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #156427 by Goggatjies
Driekie - hallo
As jy mos vir hom 'n waarskuwing gee oor hy nie sy werk doen nie, gaan dit mos nie oor of hy swart, wit, pienk of groen is nie.
Ek sou ook kwaad gewees het.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #156424 by Driekie
Skuus 2KM - sjoe ek sou ook die rekening vir die kat se eienaar stuur!!!!
So gevoel met my skoonsussie-hulle se katte op n stadium, maar toe sorg hulle in anyway nie oordentlik vir die katte nie en toe trek hulle oor na my huis toe en maak maatjies met my katte en vandaar my plaashuis van 9 katte!!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #156422 by Driekie
Hi almal!!!!

Klippie - baie geluk met jou verjaardag!!!!!
Cornel - so baie bly jy voel beter!!!
Marie - hoop dis Marinus wat beginne peek-a-boo se!!
Ankies - geniet die wegbreek!!!!
Kriekels - liewe aarde!!!!Gebruik hulle goue instrumente!!!???My afsprake - including n scan was almal R300-00 (nie op medies nie)
Ansa - hellloooo - julle die tap-speletjie met MJ probeer??

Sjoe julle en nes ek vra oor die krampe - voel dit beter vandag!!Gaan bietjie rof by die werk, Markus kuier weer by mamma!

Ek was soooo kwaad vanoggend, ek het 2 van my werkers n warning gegee omdat hulle nie werks-prosedure gevolg het nie, hulle weier toe om te teken en ek skryf dit toe so op en laat die witness teken en als en so wragtie kom die ene na my toe vanoggend met so simpel smile op sy gesig en vra my "Hoekom haat jy swartes?"....in die lewe!!!!!!!??????

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago - 15 years 7 months ago #156372 by Goggatjies
Kriek, Hehe - duur storie. Gaan jy Krugersdorp Privaat toe, wie is jou dokter?

Ai 2km, ek hoop jy en jou katte kind voel gou beter

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #156366 by Kinderelomelo
Hi julle almal. Eks by die huis vandag. Log op my foon in. Ek het nou ooginfeksie saam met die griep. Gisteraand al poepoog gehaad. Ai julle ek raak so vies vir mense wat nie hulle seuntjiekatte regmaak nie. Ek moes nou my 4 maande oud siamese jaag veearts to vir steke. Die flippen kat het haar lelik beetgekry. Hulle hou haar daar tot more na narkose uitgewerk het. Kos my amper R1000 want ek het nog nie petsure gekry nie. Eks lus en stuur die eienaar van die kat die rekening. Haar kat het uit nerens gekom en my arme kat hier reg op die stoep aangeval. Sy het net rustig daar gesit.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account