× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 7 months ago #155044 by Goggatjies
Ai laliek - ek hoop dit maag virus vat gou pad.
Petrus en William het een gehad verlede week en ek sukkel nogsteeds met William se maag.

Hoop jy voel gou beter

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #155033 by Laliek
Hi julle almal

Ankies baie nice scan fotos! So exciting!

Kriek 'n congrats is nou finaal in orde,mooi gesonde telling!

Driekie bly julle dinge is bietjie beter!

Halllo die res ;-)

Ek het gisteraand so groot geskrik,vanoggend 3uur raak ek wakker met 'n hengse pyn in my buik aan my linkerkant wat tot my rug deurskiet! En tussen dit nog menstruasie tipe krampe ook! Ek moes opstaan en bietjie loop en tee maak toe begin dit beter veel maar toe ek werk toe is vanoggend kramp ek nogsteeds?
Het dok gebel toe se hy vir my (ek slaap baie sleg deesdae en rol rond) ek het tien teen een te vinnig omgedraai en een van my baarmoeder ligamente het in 'n spasma ingegaan. En toe se hy met die krampe hier is 'n maag bug in die lug...sy woorde was nog nie eens koud nie en hier le ek,op die bed by die huis ek het 'nlelike omgekrapte maag! Vanoggend nie heeltemal tien vier gevoel nie maar het nie geweet of krampe seer maag of babatjie is nie. Gelukkig is dit seer maag! Ek het darem niks bloeding of so iets nie! Julle maar ek het my poep koud geskrik vanoggend aarde! Ek is net bly babatjie is ok en gaan nou maar die middag by die huis rustig probeer vat...die tyd wat ek nie in die badkamer moet hang nie!! :-(

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #154996 by Ansa_S
Driekels ek het saterdagaand so laat in die bed geklim, het by my neef hul gaan braai en hy en my man was omtrent 'n hand vol, hul het gekuier tot na 12 my arme lyf was naderhad so seer van die gesit!

shame my neef hul het mos die 2 aangenome kinders, en hy is soooo opgewonde oor die baba van ons. Hy het vir ons die camping cot gekoop en het verlede week met 2 werkers hier opgedaag en verf en MJ se kamer vir my geverf!

Het lekker gelag vir hulle, hy het gese hy gaan ook sy teater klere aantrek as ek ingaan vir keiser en by die deur staan en loer, en as dit net lyk of my man omkap dan sal hy inkom en hom net aan die voet uitsleep en dan verder by my bly! Ons het lekker gelag vir hulle 2 se planne met die geboorte!

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #154992 by Driekie
Hi Ella!!!!Dankie vir jou e-mail met die wyse wyse woorde, ek het gereply vir jou!!!Klink of julle n lekker naweek gehad het!!!

Myne was besig besig besig!
Saterdag oggende werk en toe krieket tot so 4uur en toe braai en kuier tot baie baie baie laat!Gister shopping vir al die goed en n geskenkie vir wellwishes vir skoonpa asook aaaal die goed vir n "well-wishing" ete vir al die kinders saam skoonpa en toe babagoed regmaak ens tot weereens baie laat gisteraand...oi...nou vanaand is dit sulke tyd en gaan ek ABSOLUUT niks doen nie...voete op en dis dit!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #154991 by Ansa_S
Driekie ek is baie bly vir julle part dat skoonpa nou gaan vir hulp!

En girl nou moet jou kop net wees by jou seuntjie en jou baba-lief wat een van die daggies hier is.

Ek het saterdag MJ se badhandoeke en kousies gewas met die hand, en gisteraand die kousies in bolletjies gerol, ag dit is darem maar te blerrie cute die kleine kousies!

Was saterdagoggend gou by huisdr net om weer my bloedruk te monitor en 'n voorskrif te kry, ag hy was so dierbaar en het gese hy wil eers 'n sonar doen en self alles bekyk om seker te maak als is reg.

Vrugwater is genoeg en plasente honkie dorrie, geen verkalking nie. MJ is nou al te groot om hom mooi te sien op die dr se kleine sonar masjien, maar hy se MJ is al so mooi groot as iets moet gebeur en ek nou in kraam gaan sal die bulletjie dit oorleef! is gerustellend om dit te hoor!

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #154986 by Ansa_S
Ja Kriek dis 'n goeie telling vir 4 weke en een babatjie!

So nou kan ons jou seker amptelik gelukwens met die wonderlike nuus! Hoop jy is nou al bietjie meer gerus.

Marie, ek kan net dink hoe voel die gewag en gewag! Maar darem ampertjies!

Ankia kan sommer sien dit gaan 'n mooi baba wee ha ha ha

Al die ander, halloooooooooo

AFM: my lyf se spiere is regtig seer van gister af, het gister in die kerk gesuffer met die gesit, my ribbes en spiere op rug is seer! Maak seker plek vir die klein reuse binne my!

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #154985 by Driekie
Hellooooo almal!!!!!

Ankies - daai scan is soo cute!!
Kriek - nee wat jong - jy kan maar weet - jy's "opi paal" :P
As 3 toetse dit confirm het dink ek verseker jy is so swanger soos kan kom!!
Marie - wow daai seuntjie van jou het uithouvermoe!!Sterkte dis nou regtig enige oomblik wat hy kan/gaan opdaag!!!
Haai Hexy en Elrike - hoop die Antie is darem nie te wreed op julle die maand nie!!
Anje - jou shower foties is awesome!!!!

Googie goodie - ekt verkoue by Markus gekry..grrrr!!

Voel net snotterig en moeg en een of ander gogga het tussen my sussies begin en so al teen regter-sussie op tot bo-op my skouer my gebyt - 16byt-plekke!!!!!!!Dit jeuk ongelooflik baie, maar dis deffies nie muskietbyte nie....so ek weti watse gogga dit is nie.

O jaaaa skoonsus en haar issue is nou n saak van bid by my, ek het my afgesny van worry oor dit.
En DAN....dankie julle vir almal se gebedjies tot nou en verder (seblief ek vra)
Skoonpa is vanoggend weg na n rehab-sentrum in Pretoria vir ten minste 3weke.....ek se net baie baie baie baie baie dankie Liewe Jesus!!!!!!!

En dan laaste is die baba-goed gesort...gister het ons gou die meubels bietjie geskuif om plek te maak en so en my bediende was vandag die sagte speelgoed en baba-beddegoed jippeee!

Gister het ek uiteindelik "In the Womb" gesien..en nou's my koppie ok weer reg vir die geboorte (ek moet erken somehow was ek skrikkerig vir die hele experience, ek weet dis dom want ek het dit al gedoen maar nou ja)

O ja en 2 goeie movies om te sien is "The Expendables" en "The A-Team"....very very nice movies!!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account