× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 7 months ago #154930 by Goggatjies
Goeie More

Kriek, jammer ek kan nie help nie, het nog nooit vir 'n bloedtoets gegaan nie

Ons het 'n lekker rustige naweek gehad

Hier is 'n foto van ons boontjie
Grootte so tussen 1.24 & 1.36 cm en hart klop was 158 bpm
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #154922 by Ansa_S
More almal

Ek is vanoggend soos 'n ou diesel enjin, ek loop en idle die hele oggend!

Kriek myne was op 4 weke ook skigh high omdat ek 2 vrugsakkies gehad het.

Jy kan net beta hcg levels google dan sal jy tabelle kry met dit.

Kyk onder op my post se dit hoeveel was my beta met my 4 weke toets. Dink dit was 745 of so iets.

Wanner gaan jy vir bloedtoetse of het jy alweer 'n piepstoets gedoen?

Hallo Hexy, dis sleg om heeltyd te voel AF is oppad en nogsteeds te wonder, want ai die tekens van al twee is so dieselfde!

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #154872 by sexy~hexy
Kriek...my telling op 4weke was 405.

Hier is ietsie wat ek by een van die threads gekry het:

3 Weeks 7 0 to 5
4 Weeks 14 5 to 426
5 Weeks 21 18 to 7340
6 Weeks 28 1,080 to 56,500
7 to 8 Weeks 35 to 42 7,650 to 229,000
9 to 12 Weeks 49 to 70 25,700 to 288,000
13 to 16 Weeks 77 to 100 13,300 to 254,000
17 to 24 Weeks 4,060 to 165,400
25 Weeks to Birth 3,640 to 117,000

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #154863 by elrike02
Hallo julle almal!
Ek is vandag soos 'n "brombeer" - het 'n erge hoofpyn en so simpel blinde puisie op my ken, wat my grensloos irriteer - AF is oppad - dis hoekom ek so voel! Julle moet almal 'n fantastiese dag he!! Ek sal maar die beste maak, sodat my dag nie so donker is soos my gemoed nie!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #154840 by Kriek
More julle

Hoop almal het n lekker naweek gehad?

Kan julle gou vir my se, die swanger girls, wat was julle HCG tellings gewees toe julle eerste keer bloedtoets gedoen het en op hoeveel weke ?

Ek weet Dassie s'n was sky high gewees, so ek wil graag weet die ander van julle ? ;)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #154838 by sexy~hexy
More almal

Weer terug by die werk. Naweek was heel lekker en rustig, so min as moontlik gedoen.

Voel of AF enige tyd moet begin, so sal sien wat gebeur die week. Mens hoop mos maar vir die beste, maar ek probeer maar realisties bly.

Lekker daggie vir almal.

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #154766 by elrike02
Hi julle, ek was bietjie weg gister! Was gou Vereeniging to om te gaan materiaal koop vir die tafeldoeke wat ek moet maak vir oor 2 weke! Wel - die plek in Vereeniging was die enigste een wat die lap gehad in Gauteng.... Ander kry eers stock oor 2 weke!!! :-)

Cornel - ek is so jammer vir die onenigheid oor die baba. Dit is 'n baie moeilike een. Ek dink aan jou...en sterkte!

Driekie - ek is jammer om ook jul omstandighede te hoor! Maar ek dink jy moet jou nou afsny en fokus op jou en jou baba se gesondheid! Mens kan ook net soveel goed doen en hanteer!!! Dink aan jou!

Ansa - jy is baie fluks om die goedjies met die hand te was - ek het ook so gevoel toe ek Luwan se goed die eerste keer gewas het.... dit is so klein en 'n wasmasjien is so groot!!! So ek het ook met die hand gewas... Maar ja.... maar na sy geboorte het dit maar in die masjien beland, want ek kon nie meer dit met die hand doen nie! LOL

Karin - jou maag is stunning! Ek is sommer nou jaloers.... Ek wil ook ene he!!!!

Hi Ella-bella, Kriek, Charlaine,(Ek het al die posts gelees, maar kan nou nie onthou of ek almal onthou nie!! )

Mooi dag vir julle almal! Ek is vandag op Dag10 - so hopelik oor 2/3 dae is AF hier - dan kan ons kyk wat gebeur daarna!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account