× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 7 months ago #154611 by Ansa_S
Cornellie ek is seker bietjie blond vanoggend, maar wil die ouers van die baba nie meer die kind laat aanneem nie of is dit julle ouers wat van niks wil weet nie! Jammer ek vra!

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #154609 by Ansa_S
Marie dis vreeslik vreeslik mooi, en sooo waar!

my Man se tannie het vir my die betekenis van MJ se doopname gestuur en dis presies wat hy vir ons is.

Mathys: 'n Geskenk van God tot ander, die draer van die naam is geseend en is 'n geliefde van God
Johannes: Hy is 'n teken van God se genade en seen!

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #154606 by Goggatjies
Cornellie - Sterkte
Ek is seker dit gaan uitwerk vir julle

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #154604 by Cornel
Ai sorry Ansatjie!

Baie dankie Marie dis pragtig!

EK het weer vandag 'n stukkie gepost by die Bybelstudie groepie!

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #154598 by marie r
Maak jou oë toe
En jou hart oop
En voel hoe al jou sorge wegloop.
Jy moet jou net aan God toevertrou
Hom toelaat om jou
In liefde toe te vou.
Want die lewe op aarde
Is nie maklik
En van die uitdagings
Voel so onredelik,
Maar God vra ons net vir ons bes -
En belowe Hy sal sorg vir die res.
Wanneer jy moeg is,
Hoop verloor, berou,
Is daar altyd een deur
Wat oop staan vir jou.
Dit is die deur
Na die huis van gebed,
Waar God altyd reg staan
Om jou te red !

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #154595 by Ansa_S
Sjoe Kriekels!!!!!!!! Baie baie geluk, is so bly en dankbaar vir jou!

My 1ste miskraam was ook 'n chemiese een, jy kan maar vir bloed gaan as jou BETA HCG telling hoog is, is dit verseker nie 'n chemiese swangerskap nie. Met my chemiese swangerskap kon tuistoets dit nie optel nie, maar bloed, maar so 'n lae telling dat dit nie regtig gesien word as 'n swangerskap nie.

Maar jy sal weet wat is die beste vir jou.

Cornellie jyt my nou sommer hartseer vir die dag! Onthou daar is 'n doel met alles, en jou kans op 'n gesonde swangerskap is mos glad nie nul nie! Hou moed vriendin, ek weet sommer die oomblik as julle vir goed in SA is gaan daar 'n boontjie gesond in jou moederskoot groei!!!!!!!!!!!!!!!!!

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #154591 by ella~bella
Hallo almal!!!!

Kriek! Dis nou vir jou goeie nuus!!!! Ek is baie bly vir jou!!!

Cornel, hou moed girl, die lewe gooi 'n mens soms curve balls. Dit is daar om ons sterker te maak.

Anje, geniet jou baby shower!!! Jy moet kom laat weet wat jy als gekry het!

Lalie!!! Bly dit gaan goed met swangerskap!!!

Ankia, bly MS is nou beter.

Marie, jou tyd raak nou min!

Hallo Tienka, Karin en Rakker.... en die ander wat ek gemis het!

My nefie se vrou het 2 miskrame gehad... hule het vir toetse gegaan en nou uitgevind daar is 'n chromosoom afwyking op 8 en 13. Ek weet niks van die goed af nie, maar ek bid dat hulle gou weer kan swanger raak met 'n gesonde babatjie.

FS: Dr Siebert @ Aevitas Clinic

Oct10 - IVF#1 - BFN
Dec10 - IVF#2 - BFN
Apr11 - FET#1 - BFN

POA - IVF#3 - Jun11

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account