More almal !! Gaan dit goed met julle almal?
Nou ja, ek weet ek was baie skaars vir n lang ruk gewees, maar vanoggend net besluit ek wil julle n storie vertel ..........
Nou waar sal ek begin..............................
Kom ons begin by laas jaar toe my vriendin uitgevind het sy is swanger, ek was baie bly gewees vir haar, want hulle het ook maar gesukkel omdat haar man n diabeet is, maar saam met die blygeid was daar maar die hartseer ook gewees soos julle almal weet.
So het die tyd verby gegaan, en ek was fine gewees, die 8ste Januarie was haar stork party gewees, en nog steeds was ek heel fine gewees.
6 Januarie was CD1 gewees vir my, en soos elke maand dit maar aanvaar.
Intussen het ek besluit ek gaan ontslae raak van al my babagoed, het vir my buurvrou n klomp goed gegee, n ander vriendin wou die een kar stoeltjie koop ens. Die Saterdag voor my vriendin se babatjie gebore is toe bel sy om te vra of ek nog my camp cot het, want hare is stukkend, sy sal hom by my koop, ek het gese sy kan hom maar kry of leen of wat ook al, ek soek nie geld nie.
Die dag voor haar baba gebore is het ons n draai gaan maak om sterkte te se, en toe ons daar weg ry toe is ek in trane, ek kon dit net nie hanteer nie, oor ek ook so graag nog n babatjie wil he. Die dag toe sy by die huis is toe gaan maak ons n draai, en toe die 2de persoon vir my daar vra, wanneer kom ons volgende een, toe bars ek sommer weer in trane uit, ek kon myself net nie keer nie. Intussen het ek my baba monitor ook vir die buurvrou geleen, en my borspomp vir my vriendin. Laas week Vrydag het hulle die karstoeltjie kom haal.
Wel die maand met BD was nie wat wonders nie, ek het bronchitis gehad en was op antibiotika gewees wat my toe n infeksie ook gee, so daar was net BD op CD8 en 11, want met die infeksie saam kon ons niks doen nie.
CD 1 datum = Woensdag 2 Februarie ..................... wel Woensdag het gekom en gegaan, nie my hoop op gekry nie, want ek mos 2 keer vantevore n chemical swangerskap gehad wat dit mos maar net afgekom het soos jou gewone period.
Gister kon ek dit net nie meer hou nie, en oppad huis toe toe koop ek n toets, en het hom sommer dadelik gedoen, en ........................................................... 2 STREPIES !!!!!!!!!!!
My man se reaksie was nie van die beste gewees nie, het die toets so gekyk en gevra: "Is jy nou swanger ?" Ek se toe net, wel daar is 2 strepies so dit moet seker so wees. Ek dink dit is omdat ons bang dieselfde gebeur weer soos die vorige keer.
Vanoggend was hy beter en toe ek ry, toe se hy "Pas jou op" , jy het n boontjie in jou maag.
Jammer vir die lang storie om uiteindelik by die highlight uit te kom, maar ek wou net met julle deel hoe dit als gebeur het. Op die stadium is ek nog steed baie bang, en kan nie se die blygeid het al ingeskop nie, maar ek glo die ou enetjie gaan klou !!!
Het nog nie gegaan vir bloedtoetse nie, sal moreoggend weer HPT doen en dan dalk gaan vir bloedtoetse!!!
Ons het nog vir niemand vertel nie, gaan eers wag dat ons eers oor die volgende 2 of 3 weke kom.
So dit is my opstel vir vandag

Julle moet n heerlike dag he