× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 7 months ago #154537 by Tienka
Baie, baie geluk Kriekie!!!! Ek is seker dat boontjie hierdie keer gaan sit en dat jy voor die einde van 2011 jou ou babatjie in jou arms gaan hou.

PS: Ek het baie babagoed as jy wil he LOL

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #154531 by Rakker
Uitflippingeindelik 'n BFP :woohoo: . Baie geluk Kriek!

Artikel News 24:

www.parent24.com/Getting_pregnant/fertil...eally-feels-20110203

En dan weet ek nie wie van julle, behalwe Ella-Bella, het die boek "So close" van Tertia Albertyn gelees nie. Doen julleself 'n guns en kry die boek. Inspirerend, hartroerend.

Alexander (the Great) born 17 Feb 2009, now a little man:-)

Cherise born 20 April 2011, mommy's little angel.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #154524 by Goggatjies
Hehe Marie - te oulik

Ek se die ontspan werk, en dit het vir ons ook gewerk.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #154521 by marie r
Ankia, jong ek knyp nie nog nie. Dit is boetie wat nog sit.... Lyk my dit is te lekker hier in my maag. Gisteraand toe sit Eduan langs my en vryf my maag. Ek sê toe hy moet vir boetie hallo sê. Die volgende oomblik toe buk hy so naby aan my maag en skree hallo vir sy boetie. Ek sê toe vir hom dat hy vir sy boetie moet sê dat hy nou moet kom en toe sê hy heeltyd so naby my maag "kom, kom".

Dit was so oulik vir my gewees.

Kriek, alles gebeur met 'n doel in die lewe. Ons weet net nooit wat is die doel nie. Toe jy begin ontspan, toe gebeur dit sommer vanself.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #154514 by Slakkie
Wow Kriek baie baie baie geluk!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #154512 by Kriek
Baie dankie julle, ek kan nog nie vir julle se hoe ek voel nie, ek is bly en aan die ander kant is ek bang om bly te raak, want se nou maar net ........................, maar ek gaan nie negatief wees nie.
Ek wou nogals van daai Dr Colin's Fertiboost pille gaan koop het, toe besluit ek, ek gaan eers wag, want ek het Green Tea pille gedrink om gewig te verloor, en het nog n paar, dink toe ek sal eers klaar maak met dit en dan die Fertiboost koop. Gister toe AF nog nie opgedaag het nie toe los ek die Green Tea sommer dadelik. So gelukkig het ek nie die Fertiboost gekoop nie

Nou ja, nou moet ek gaan werk, julle moet n heerlike dag he, ek praat later weer as ek n tydjie kry.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #154506 by Goggatjies
Kriek - hex, se geluk, sy is bietjie af en kan nie op Moomie kom nie.

Goeie More, Ek het ook skoon vergeet om te groet op hierdie wonderlike Vrydag

Gaan goed, gaan baie beter met die MS
Marie ek sien jy knyp nog

Ek gaan more oggend vir my eerste scan, whoohoo, ek kan nie wag nie

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account