× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 7 months ago #153421 by Cornel
Toemaar elrike,die klomp maak my maar net so broeis!!!!!!!!
Maar ek MOET nou eers vasbyt!!!!!!!!!!!

Anje geniet die babatee! Ons soek fototjies asb!!!!!

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #153417 by elrike02
Hi julle,
Hoe mis ek nou die tyd wat ek Luwan se goedjies gewas het, en als reggekry het vir sy koms..... Ek is sommer van voor af broeis!!! LOL ek is eintlik al die heeltyd! Ek het vandag die mooiste babagoedtjies gesien! My skoonma kom bietjie more vir my kuier en dan gaan ons vir my skoonsusse se babadogtertjie goedjies soek vir die ooievaarstee. :-( Ek gaan dit mis, want ons is nie volgende naweek hier nie... :( Haar dogtertjie is due einde van Maart.

Skies ek doen nie nou personals nie. Ek het 'n seun op my skoot wat wil tik!!!!

mooi dag vir julle

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #153411 by Ansa_S
Ai die internet maak my die hel in vandag! Tik helse boodskappe net om dan weer af te wees!

Klippie die tyd raak nou min vir ons! Darem is boeta se kamer van vandag af prioriteit!

Voel snaaks om al die babagoed die huis vol te sien staan, omdat sy kamer nou leeg gedra moes word vir die verf!

Klippie ek dink ook dis 'n goeie plan om eers jou siklusse vir 'n rukkie te monitor saam met die spesialis! Oor 'n paar maande begin jy ook die 9 maande wagperiode af te tel!

Anje geniet jou babatee!

Ek wil more begin MJ se kleertjies en kombersies was wat ek al het, sodat ek na my babatee nie te veel goed het om te was nie!

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #153395 by klippie
O ja en Anje - geniet die babyshower, hoop jy kry mooi goeters!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #153394 by klippie
Hallo Dames!

Lalie - geluk met die PIENK! Nou kan julle al begin name dink? Enige idees?

Strik - ek sien jy oorweeg gynie in Pretoria! Onthou tog om DH te laat toets voor die tyd, anders gaan die gynie dit voorstel en dan moet jy weer teruggaan. As jy daar aankom met al die results, dan kan julle van daar af 'n plan maak!

My oë het behoorlik gerek toe ek sien hoe naby die due dates van al die PF is! Marie en Karin en Ansa en Drix en Anje en Beertjie - dis om die draai! Weet julle of Dassie se babatjie al gebore is?

Ek moet ook net laat weet dat ek my afspraak by die FS het vir 15 Februarie. Ek wil aan haar voorstel dat ons vir Feb, Maart en Apr siklusmonitering doen en Mei gaan vir IVF. Ek het nie weer krag vir die deurmekaarspul van IUI nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #153369 by KarinM
Ag ek hoop hy het toe gedraai gekry. :) My skoonsus se poppie het nie gedraai nie, daar was te min vrugwater en bloed vloei beperk op 37 wke en toe moes sy gister 'n keiser kry. Sy is baie sad dat sy uitgemis het op haar beplande natuurlike water geboorte. Maar gelukkig is albei fine en sy is dolverlief op haar meisiekind. :lol:

lb1f.lilypie.com/TikiPic.php/0w8WPCH.jpg[/img] [/url]

File Attachment:

11 Year old Daugther - Arina
4 Year old Son - Reuben
Baby Girl - Kiana

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #153362 by Driekie
Ek sien dok weer die 21ste om te sien of hy al gedraai het en vir my referral vir die hospitaal..ek gan na ons staatshospitaal hier - maar gelukkig is hulle maternity geriewe baaaaaaie goed en skoon en netjies.

Met my laaste besoek het Eoin nog met sy koppie bo en voete onder gele..so ons gan dan die 21ste kyk of normaal sal moontlik wees..en die water is min maar hou nie gevaar in nie

Ek dink hy het al gedraai..want ek het hom die naweek aan die onderkant gevoel "hik", dit het in elk geval gevoel of hy hik

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account