× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 9 months ago #153832 by sexy~hexy
Dis my vraag ook Driekie - wat gaan haar nie van plan laat verander nie?

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #153830 by Tienka
Dooie hel Driekster, jy moenie my so laat skrik nie, dog daar is fout by jou!!!!!

Wow, ek kan aan 'n paar mense dink wat sal spring vir so kans, MAAR sal hulle deurdruk daarmee of hulle mind change as baba eers gebore is?????

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #153829 by Goggatjies
Wow driekie, ek is bly sy het van plan vernader
Ek weet nie van iemand wat nou wil aanneem nie, maar sal bietjie praat en hoor wat my vriende dink

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #153822 by Driekie
Hi - julle!!!!!

Oke ek het gelees oor almal se ups en downs maar julle ek kan nou regtig niks onthou nie...behalwe dat ek aan elke een wat n stukkie hartseer het dink en vir julle n drukkie gee en miskien as jy hier onder lees n stukkie hoop en bly.....so AAAAAAAAALLLLLLLMAAAAAAAAAAALLLLLLLLLL
GROOT GROOT ASSEBLIEF LEES HIER EN LAAT WEET ASEBLIEF DIE ANDER WAT NIE NOU OP IS NIE OM TE KOM LEES!!!!

Oke die storie met my skoonsussie wat nou weer swanger is en n aborsie oorweeg....sy was gister dokters toe om te hoor hoe en wat en als..
Ek het toe maar stilgebly maar was ongelooflik seer in my hart daaroor en het vanoggend so "klein" tantrum teenoor my man gegooi oor almal hier wat ek ken en van julle wat dalk ander ken wat ongelooflik hard en lank al sukkel...

Nou ja hyt my gebel en gevra ek moet by julle hoor....

Skoonsussie hulle kan nie bekostig om nou nog n kind te he nie (selfs nie die dokterskostes ens wat by die swangerskap betrokke is nie) want haar man betaal reeds onderhoud vir sy seuntjie by n eks van hom en hulle het mos die dogtertjie Zarenay

UITEINDE - HULLE SAL DIE BABA LAAT AANNEEM - As jy en jou man kan en wil en/of dalk ander mense ken wat wil en kan - BEEEEELLLLLL MY ASB ONMIDDELIK!!!!!!!!!!!!!!!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #153786 by Lia
Tienks toe mis ek vir jou, baie geluk met daardie tandjie !! Hoop is beter voor die naweek.

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #153784 by Lia
More more dames

Slakkie, hou moed jong, die meeste IUI's waarvan ek hoor werk op die 2de slag eers, nie dat ek onnodig vir jou hoop wil gee nie, maar miskien werk die volgende een.

Hexy, toemaar jy gaan sien, wanneer jy weer swanger word gaan dit net lekkerder wees om in 'n winkel tussen swanger vrouens te loop en te weet jy is ook een. Bly positief, ek weet dis nie maklik nie.

Ai Ankies, arme klein W. Dis verseker nie lekker as hulle so huil nie.

Klippie, ek verstaan en ja dit klink na 'n goeie plan.

Ek stem 100 % saam Ansa, na my 2de miskraam was ek ook totaal en al moedeloos (en daar is mense wat erger as ek al deurgemaak het) en hier sit ek 2 jaar later .... en as ek terug kyk, weet ek die tyd was nie reg toe nie. Hou net moed en bly positief, maak nie saak hoe moeilik dit is nie !!

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #153776 by Ansa_S
More julle almal!

Ai ek wens ek kan vir elkeen wat hartjie seer is 'n vet drukkie gee, want woorde help nie altyd nie!

Onthou net een ding, mens se lewe kan oornag verander! Ek het verlede jaar Februarie my skraap gehad na die 2de miskraam in 3 maande se tyd, en 'n jaar later sit ek vandag hier en is 7 maande swanger, nadat ons met tye van die swangerskap gedink het dit gaan ook eindig in 'n miskraam! So hou moed dalk oor 'n paar maande sien jul die positiewe piepiestokkie, en dan is al die vorige trane en teleurstellings vergete!

Ons tyd is nie altyd God se tyd nie en dit was vir my die moeilikste om aan die begin te aanvaar na my 2de miskraam, maar op die ou einde weet ek vandag dat God se tyd beter was as wat my tyd sou wees.

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account