× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 7 months ago #153753 by klippie
More dames!

Hexy - vet drukkie vir jou! Hoop jy voel gou beter! Ek voel ook soms bietjie hartseer as ek vir 'n vriendin iets moet koop vir haar babyshower :-(

Slakster - o wee, ek ken daai gevoel van hoop terwyl mens eintlik weet dit het nie gewerk nie! :-( Sorry oor AF en alles, maar moenie nou moed verloor nie! My vakansie is beplan - vir die paasvakansie - ek gaan na daai plek waar jy al was wat jy laasjaar vir my bietjie tips gePM het...... :-)

Anje - ek het besluit op siklusmonitering, nie dat ek probleme het met AF nie - dis altyd klokslag, maar ek wil hê hulle moet my ovulasie vir so 3 maaande presies time met bloods. As ons dan weer IUI of selfs IVF doen dink ek dit gaan baie makliker wees om die timing te beplan. Sal hoor wat sê die FS van my plan. :-P

Al die ander girlies - haloha! Julle moet 'n lekker dag hê, ek hol al weer rond. Mwah!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #153719 by Tienka
Hallo almal, sjoe ek het so baie om op te vang so verskoon as ek nie nou dadelik personals doen nie.

Slakkie, ek is so jammer dat julle IUI nie gewerk het nie, baie sterkte vir volgende keer!!!!

Hoe ganit met die preggy fairies en ander mammies?

Hierdie kant gaan dit goed, Shayne het biekie verkoue maar nie erg nie. Sy eerste tandjie is deur sonder enige drama, het nie eers geweet tot ek dit gevoel het nie. Verder gaan dit goed met ons almal, ek het sinus al vir 2 weke lank maar karring aan!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #153683 by Goggatjies
More hexy

Dankie vir die drukkie, is glad nie lekker as hulle so huil nie.

Ai vriendin, ek dink aan jou. Ek kan glo dit kan nie maklik wees nie.
Maar jy gaan een van die dae ook swanger wees, sonder dat jy twee keer daaraan gedink het.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #153665 by sexy~hexy
Dankie Slakkie :) Ja nee, dan sal ek ook dalk voorstel sit 'n rondte uit en probeer dan IVF. Sterkte dolla.....

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #153653 by Slakkie
Hexy ja ons is al deur al die toetse.

Dh het 'n 3% morfologie so dit beteken dat baie min swemmertjies reg gevorm is om deur die eiertjie te kan dring. Ek het nie probleme nie en het 'n histeroskopie en lap gehad en het die dr. dit bevestig. En ja ons was by dr strikdas.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #153647 by sexy~hexy
More almal

Slakkie...simpel vraag...maar wat is jou geskiedenis nou weer? Is jy getoets, wat was resultate, en DH? Was julle by FS?

Hiya Ankia...bly om te sien dit gaan goed en (((drukkie))) oor William so gehuil het.

Ek is van gister af weer bietjie down. Seker maar oor ons my vriendin se babyshower reel, en ek net besef ek sou nou al 36weke gewees het en die tweeling sou tien teen een al gebore gewees het. Dan het my ander vriendin vanoggend laat weet sy is ook nou swanger, heel onverwags en onbeplan, haar man sou gister ingegaan het vir 'n vasektomie. Hulle het ook al twee seuntjies, een is nou Gr 1 en ander enetjie is 2. Ek dink ek voel net diep hier in my hart hoe graag ek ook daardie twee strepies wil kry, sonder om dit te verwag. Maar ek moet realisties bly, dit gaan nie net gebeur nie. So ja, more is nog 'n dag en dan sal ek weer beter voel...

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #153614 by Goggatjies
Goeie More

Ai - slakkie, jammer om te hoor van die aaklige AF
Gaan goed met my vanmore, net weer trane dal gehad van William, hy het sy paapa gehoor loop, en dit is 'n gemors.

Lekker dag

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account