× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 7 months ago #151134 by G Baby
Hello julle,kom loer gou in.
Bly om te sien dit gaan goed met al die swanger fairies,ansa,marie en driekie. Driekie jy moet ons nie laat skrik nie,jy moet dit rustig vat! Sterkte ook met jou man,ek hoop hy is gou beter. depressie is maar 'n moeilike ding,dink aan jou in hierdie moeilike tyd.
Marie-min dae vir jou oor-jou baba nou so groot soos de nys was met geboorte-3.1kg!! Sterkte mag jy 'n maklike en vinnige geboorte h?.
Slakkie-jy in my gedagtes en hou duim vas en bid vir jou.
Strikkie-hou moed-wie weet dalk broei daar iets!!

Gaan goed met my-de nys het gister oggend van bed afgeval-dom ma,leer ook nie,na no 3-kan jul glo!!!! NOu ja al drie my kinders het van die bed afgeval op die ouderdom. Hy het gelukkig glad nie seer gekry nie en ook nie op sy kop geval nie. het letterlik voor oor geduik en op sy maag geland. Shame hy het geskrik en baie gehuil en ek het net so groot geskrik.
zelri en Riko baie gelukkig in hulle nuwe kleuterskool. nog nie een dag drama gehad nie. Dankie tog.
Ons is besig om aan te bou,so effense van 'n gemors. bou groot leef vertrek aan en nog een slaapkamer.
Hoop dit gaan goed met julle almal.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #151123 by marie r
Hallo julle.

Het gou 'n paar minute om julle te kom update oor my afspraak.

Dr is baie tevrede en Marinus groei iets vreesliks. Hy weeg al 3.1kg. Hy lê reg vir normaal kraam. Verder is daar nie veel nuus nie, net dankbaar hy het nie 'n inwendige ondersoek gedoen nie. Moet hom nou eers weer oor 2 weke gaan sien. Het bietjie seer gehad nadat ek hom gesien het, want hy't op my maag gevoel waar die koppie sit ens. Hy sê die koppie is nog los, so ek neem maar aan dat hy nog nie heeltemal gesak het nie.

Verder gaan dit maar rof hier. Eduan is vreeslik ma vas, weet nie of hy nog meer agter kom dat iets aan die gebeur is nie.

Sal maar vanaand probeer opvang as meneertjie slaap, want ek moet nou saam met hom karretjie gaan speel.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #151105 by Strik*kie
Hi Tienkel Pienkel LOL Sjoe ons mis jou jong, werk jy nog so hard??????? :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #151096 by Tienka
Hallo julle, vat gou 'n blaaskans om in te loer. Gaan goed met ons, Shaynie word net te vinnig groot na my sin!!

Strikkels, sjoe girl ek hou vir jou styf duime vas!!

Ansa, bly dit gaan goed met jou en MJ, luister maar wat onse dokter se :laugh:

Driekster, jy moenie tricks uithaal nie, knyp suster!! Ek wag nog al die tyd vir jou!!!!!!

Hallo Hexy en Cornellie :laugh:

Marie, ek wag in spanning vir nuus van jou af!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #151029 by Strik*kie
Thx Driekels, sjoe jy sal laat ons skrik met jou pyne. Daai mannetjie moet nog bietjie vasbyt daarbinne ;)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #151026 by Driekie
Skuus post dit te vinnig..

Slakkers - enige nuus van jou kant af????Jong ek bid kliphard vir jou van hierie kant af vir goeie nuus!Jy moet net ontspan en SEBLIEF - moenie te vroeg toets nie!!

Strikkels - en dan vir jou - jy is n permanente feature in my gedagtes - ek hoop en bid dat jou tyd nader is as wat enige van ons kan raai!!!!Hou net oopkop en positiewe gedagtes!!!Jy het hard gewerk die maand..ek dink hehehehe

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #151013 by Driekie
Helllloooo almal!!!!

Skuus ek doen nie personals nie - flippen hel UITEINDELIK het hulle ons rekenaars gesort!!Nou nog net die printing gogga uitsort dan is als weer hopelik normaal!!!

Ons kon vir die hele week laas week niks print nie en ons het net een rekenaar gehad en gister ken vandag tot nou so uur terug twee rekenaars net een kan print maar nie een van ons kon emails stuur nie net ontvang so die een wat nie kan print nie kon nie eers die printwerk na die ander mail sodat dit kan print nie!!!

Ek het dit amper verloor!!!

Anyhoe en om dinge erger te maak - is my man ongelooflik depressief en agv daarvan het hy HENGSE anger-issues..gelukkig gan hy darem Woensdag na iemand toe begin gaan om al sy dinge uit te sort.

En ek het so ampertjies ampertjies gister gedink hier kom Eoin nou so wragties te vroeg in die wereld aan!Ek het gister heeldag krampe gekry wat hier teen huis-toe gaan tyd dodelik seer was dat ek amper nie kon loop nie...manlief het my toe mooitjies in die bed gedruk (want ek wou nog huisdinge regkry en en en...nie dat ek geweet het hoe ek sou cope nie) en my gedwing om te rus..

Ek vermoed dit kon dalk die yslike donderstorm gewees het die aand voor dit want Eoin het ongelooflik groot geskrik vir 2 van die donderslae..

Gelukkig is als nou weer oke - ek is net n bietjie moeg vandag en die sooibrand het regtig met mening toegeslaan..ek hoef nie eers te eet of te drink om dit te he nie..

En verder is Markus by my by die werk vandag..net dat pappa bietjie kan rus.Ons het darem gehoor van n oulike oppasser wat ons wil kry net sodat sy kan help met die potty-training en dan as hy af van die doeke is..is dit kleuterskool vir my baby!

Ek is baaaaaaaie bly dit gan so goed met al die mammas in wording en babas en sommer great met al die ttc fairys!Slak

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account