More more dames, nee wat, ek is deesdae so besig, ek kry net nie tyd om op te vang nie.
Drix, jy sal my laat skrik, boeta moet nog bietjie vas byt.
Strikkie, hou moed, moenie te vroeg toets nie, hou nog bietjie uit, maar ek hou alles vas dat daar 'n verrassing vir jou wag.
Slakkie, hierdie gewag is aaklig, maar hou uit, daai twee strepies is die moeite werd. Moenie bekommer nie, mens se kop is simpel en kan jou baie dinge wys maak, probeer jy asb. net positief bly. Kan nie wag vir jou toets nie.
Ai G, toemaar klink vir my of alle baba's val een of ander tyd van die bed af. Ten minste het hy nie seer gekry nie. Sterkte met die bouery, dis aaklig, maar die moeite werd.
Hexy, is jou seuntjie nou beter?
Hallo aan almal anders.
AFM: Ek kry ongelooflik warm vanoggend, alhoewel dit reen. Ek het gister lekker gaan swem by die gym, dit was so lekker, ek gaan sommer vanaand weer. Julle my man durf vanoggend vir my se, raak jou boobs nou weer kleiner ? Hom amper geklap, ek se toe vir hom dis omdat my boeppens groter word dat dit lyk of my boobs kleiner word. Baba kamer is geverf en 'n vriendin het vir ons 'n vroee "babyshower" gift gegee - 'n voucher vir laminated flooring, ons moes bietjie inbetaal, maar dis ook nou gedoen - vloere is vrydag ingesit. My man is besig met die rakke en sal seker volgende week met die kot begin, dan kan ons in pak.
Ons het weer besige naweek, sien gyne Vrydag middag, ry saterdag oggend na my ouma vir laaste keer voor L kom, kuier daar vir die dag, slaap oor by my man se ouma en kom Sondag na middag ete terug. Moet se ek is nie baie lus vir die ver ry nie, maar ek wil graag gaan kuier voor L kom.
EK het gister vir die eerste keer heeldag sooibrand gehad en L skop deesdae teen my ribbes vas, darem doen sy dit net so 1-3 keer dan hou sy op, dis darem nie te seer nie, hang af hoe hard sy trap. Verder is sy woelig en dit gaan goed met ons.
Julle moet 'n lieflike dag he.