× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 7 months ago #151772 by sexy~hexy
More almal

Marie...een woord...WOW. Dit lyk soos 'n kamer uit 'n boek uit...dit is regtig stunning verby!!!! Marinus is een gelukkige baba...mens kan regtig die moeite en liefde in als sien :)

Welkom hier Elrike....sjoe, ek boer omtrent op die forum, maar die laaste twee weke was dit heavy woes by die werk!!! Maar ek weet sommer hier sal jy baie inspirasie en ondersteuning kry...ek gaan netnou weer my lysie opdateer, dan sal jy sien wie is almal preggy fairies...en laas jaar die tyd was almal van hulle besig om te TTC :D

Nie veel nuus aan my kant nie...op cd15 vandag. Ek het my afspraak vir more vir die bekken sonar gekanselleer, omdat een van die dorpe ook deur die vloedwaters getref is, wil ons nie 'n kans vat nie. Ek is rustig oor als, ek sal 'n afspraak maak as die gynie weer in die dorp is....ek is nie so angstig soos laas maand nie. Dis lekker om te BD en het so gelag vir DH nou die middag...toe wys hy op my maag mooi vir sy menere waarnatoe hulle moet swem :blush: :D So dis net lekker fun...

Ja ons soek nog fotos van babakamers...so Anje jy is volgende!!!

Ankia...hoe gaan dit met jou en baba? Wanneer is jou eerste sonar?

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #151740 by marie r
Dankie Elrike. Geniet die Moms & Tots.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #151737 by elrike02
Hi julle!!
Marie r - jou seuntjie se kamer lyk pragtig! Seker jy kan nie meer wag nie! Nog 'n paar daggies!

Ek voel klaar baie welkom! Baie dankie julle!!!

Ek gaan nie vanoggend hier wees nie! Het Moms and Tots vanoggend! Ek sien julle bietjie later!!!

Lekker dag!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago - 15 years 7 months ago #151734 by marie r
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #151731 by marie r
More dames.

Hoop dit gaan goed met al julle dames vanoggend.
Het probeer opvang, maar ek kan nie alles onthou nie. So here goes.

Hexy ek het jou post gelees met die baby city sms voorstel, maar ek het al van soveel mense gehoor wat dit laat doen het en dan het die mense nie die sms gekry nie. So ek het ‘n groep op my selfoon opgestel (julle is ingesluit). So ek kies net die groep en stuur die sms.

Dassie, wow. Nou net in die week gewonder hoe gaan dit met jou en of jy al jou bondeltjie vashou. Sterkte, hoop die mannetjie kom voor Maandag. Loop & nogmaals loop. Met Eduan het e kook oor my tyd gegaan & toe besluit ek die naweek ek gaan loop! Was ‘n groot deel van die Vrydag in die dorp gewees. Saterdag was ons langs die hokkie veld & in die mall. Sondag was ons weer na ‘n ander mall toe. Was so moeg en seer teen die Sondag middag & toe Maandag arriveer Eduan. Dink aan jou en hou ons asb op hoogte.

Anje, wow vir die laminated vloere. Wens so ek kon nou in my huis insit, maar manlief skop teen dit vas. Klink my die baba kamer vorder fluks. Kan nie wag om foto’s te sien nie.

Strikkie, enige nuus al?

Elrike, baie welkom hier by ons groupie. Hoop jy gaan sommer gou tuis voel en vinnig daardie BFP kry. Gelukkig het jy ‘n PVA.

Driekie, die hitte is net so erg en sticky by ons. Dit lyk of dit elke dag wil reen maar dan gebeur daar niks nie. Hoop nou net dat dit vir ‘n slag wil reen en dat die bedompigheid ook bietjie verdwyn.

Lekker dag vir almal en praat later weer.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #151650 by elrike02
Hi julle!
Ok bietjie meer oor myself!
Ek woon in Helderkruin, Roodepoort en is 'n SAHM. My seuntjie is nou 18 maande oud en sy naam is Luwan! Ek is 6 jaar getroud!

Ek het in die begin van 2008 die eerste keer swanger geraak, maar het die baba verloor op 8 weke. (Ek was in 'n gewapende rooftog) Daarna het bietjie gesukkel en 7 maande later was ek swanger met Luwan - dit was eintlik 'n oeps, want ek het toe intussen van werke verander, en wou nie toe swanger raak nie! Maar ek veruil my engeltjie kind vir niks in die wereld nie! Verder het ons nou maar eers weer begin probeer, maar my siklus is 'n henge bogger-op! November na Desember was presies 40 dae... en van Desember na nou was 39 dae, so paar druppels, en dan weer niks! Ek het toe maar besluit om die dokter te kontak, want mens raak net onnodig opgewonde! NOu is ek hier! Hopelik sal ons oor 'n paar maande weer 'n bondeltjie ryker wees!

Driekie - sjoe, klink of ek dieselfde probleem het. Maar gelukkig is daar hoop en mens kan iets gebruik om dit weer reg te kry!

Dassie - Hoop regtig jou baba maak sy opwagting die naweek!!!

Cornel - My vel was ook altyd 'n groot probleem toe ek dit gelos het, tot nou na ek geborsvoed het, nou is my vel ok! Ek weet net as AF oppad is, dan kom daar 'n paar spots!

Waar woon julle almal?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #151633 by Strik*kie
Halloooo Dassie, sjoe ek hoop daai baba besluit oor die naweek om sy opwagting te maak, baie baie sterkte en hou ons op hoogte!!!!!!!!!

Hi Drieks, dankie jong. Hoop al julle goedjies word nou vinnig uitgesort voor E se aankoms, dat hy lekker rustig deur pappa en ouma kan bederf word.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account