× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 7 months ago #151325 by Cornel
Goeie more dames!

Hier gaan dit goed!

Voel bietjie bloated,AF moet oor 'n paar daggies haar verksyning maak........

Lekker dag!

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #151309 by Beertjie
Hallo julle!!!

Raai wie het kom kuier.... Jys 100% reg.... dis EK!

Hoop dit gaan goed met julle.

Was gister weer vir 'n sonar... Janka weeg al 1.3kg en is 'n vreeslike rustige dogtertjie. Het my bed bespreek..so ek moet nou my tassie begin pak..

Gaan net gou eers bietjie opvang.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #151298 by sexy~hexy
Hi almal

Sjoe...kan dit nou nie maar rustiger gaan by die werk nie :S Dit kom nou van as mens vir ander mense sit en wag om vir jou werk te gee, dan is dit vir weke stil, en skielik is die hele tafel vol werk!!!

Bly om van jou te hoor Tienka, ons mis jou :)

Marie...ai jong...is Eduan nog in die kleuterskool? Dink ook jou tyd is nou baie naby. Het jy my post gelees van dat jy een sms aan babycity stuur en hulle laat weet dan al die ander nrs wat jy vir hulle gee? Sterkte en voor jy weet is Marinus in jou arms.

Strikkie....WOW vir dat jy so lank uithou...nog geen teken van AF? Ankia, hoe lyk haar chart?

Driekie...bly om van jou ook te hoor. Mens neem mos maar aan as iemand nie post nie dis besig by die werk, en hier was julle goed al die tyd af! Hoop regtig dinge gaan gou weer beter met jou man, ek weet op 'n manier hoe jy voel - DH het ook baie anger issues gehad agv goed uit verlede, en na ons sessies by sielkundige het dit baie beter gegaan. Is jou tassies al gepak vir Eoin se arrival? Jy sien mos hoe pop al die babas voor hulle due dates :D

G - ek dink ons almal het ons al in 'n ander geloof in geskrik as kids van die bed afval...maar soos my ma se, hulle het almal baie beskermengele :)

Hiya Cornel...ja dis oral stil op die forum...dink dis oor almal besig is by die werk. Als moet mos gedoen word voor einde Feb, dan is dit mos finansiele jaarsluiting.

Nie veel nuus aan my kant. Jayden was sommer skielik gisteraand koorsig en wou nie eet, weet nie of dit mangels of sinus is. Vat hom maar vir veiligheid dokter toe vanmiddag, want hulle is mos gesond deur die dag en sodra die son sak kom die siektes uit!

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #151286 by Slakkie
more more dames!!!

G - Jou kids is pragtig!!!

Tienks - Howzit!

Strikkie - het jy vanoggend getoets?

Dankie dat julle almal so duime vashou vir my ek waardeer dit vreeslik!!

Vandag is 7dpiui en ek het vanoggend getoets maar dit was 'n bfn so ek gaan dit nou los vir 'n week en dan weer volgende week vrydag toets. Darem is ek nou seker die ovidrel is difnitief uit my sisteem so enige 2de strepie gaan 'n regte strepie wees. Ek voel so normaal soos kan kom ek voel geensins anders nie. Ek voel net nie baie positief nie en kry nie daardie gevoel weg nie maar ek hoop so met my hele hart dat hierdie siklus gewerk het. Ek sal julle updated hou ek drink nou maar elke dag net die utrogestan want soos die dokter gesê het as die pilletjies op is en AF is nog nie hier nie kan ek toets.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #151272 by Strik*kie
More more

Sjoe net een post sover vanmore.... waar is al die girls?

Marie, dis seker die hormone wat jou so emosioneel maak. Sterkte jong.

Nope geen nuus. Inteendeel is ek skuitbang om te toets :lol: is te bang vir daai 1 strepie.

Lekker daggie!!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #151239 by marie r
Môre julle

Hoe gaan dit met al die dames vandag? Strikkie al enige nuus?

Dit gaan ok vandag met my, voel net baie emosioneel en dan is Eduan ook nog vandag moeilik. Weet nie hoe ek deur hierdie dag gaan kom nie, maar nou ja wat.

Dink Marinus het deur die nag heelwat gesak, want toe ek vanoggend opstaan was die eerste ding wat ek opgemerk het my maag wat bietjie laer sit.

G Baby dit is lekker om jou hier te sien vir 'n slag. 'n Mens skrik groot as die kinders van die bed afval. Eduan het ook ook 1 keer van die bed afgeval en ek het so sleg gevoel daarna. Het die foto's op facebook gesien en dit lyk of jou kiddies die atletiek geniet het.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #151174 by Cornel
Hi aan almal wat kom inloer het!

Sjoe wat gaan hier aan? Dis doodstil HIER en op die BYBELSTUDIE GROEPIE?

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account