More almal
Lyk my almal is maar besig by die werk...forum is maar stil deesdae...
Marie...ek hoop jy het ons nrs opgesit sodat ons 'n sms'ie kan kry sodra baba gebore is

Jy moet tog vir ons die finale babakamer se fotos kom post.....En ons almal wag saam om vir Marinus te verwelkom!!
Karin, ja nee, geduld is maar die wagwoord. Jayden sal maklik vir 5 aande gaan, en dan skielik het hy weer een aand 'n glipsie. Hy staan nie in die aande op om te gaan piepie nie, en ek en DH slaap te vas....die kere wat ek al opgestaan het wou ek my simpel lag, want om so klein seuntjie 2uur in die oggend wakker te maak is net hilarious as hy daar voor die toilet staan en wieg en nog vas aan die slaap...shame mamma
Nie veel nuus aan my kant nie, op CD13 vandag...BD elke 2de aand - sover cd 8, 10 en vanoggend...ek sit nie weer my hart op die siklus nie, ek wil net weet wat wys die sonar Vrydag, ek hoop regtig die dr sal vir my kan se en dat ek nie eens moet wag om die gynie te kom sien wanneer ek terug is in Kathu. Weet ook nie presies hoe doen hulle 'n vol bekken-sonar nie, weet iemand dalk??