Ruby!!!
Wonderlik wonderlik wonderlik!! Ek is so bly julle scan het goed gegaan. Nou...sien ons dan nie 'n ou fototjie nie??
Hopeful:
Ai tog! Daar is niks so erg soos AF pyne nie. Dit is darem net flippen seer. Pyn dit deur anti-inflammatoriese meds soos Brufen of Spasmed? Voel jy beter vandag? Kom post 'n fototjie van die kot. Dit maak my opgewonde om te sien hoe almal se baba kamers begin lewe kry.
AFM:
Die ouers is ingelig!! Wat 'n tranedal...lag en alles deurmekaar. Ons het boksies gemaak en in elkeen 'n geel kousie en 'n klein raampie met die 10weke sonar foto ingesit. Toe het ek die boksie met 'n rooi lint toegedraai en buite op 'n kaartjie geskryf: "Moet nie oopmaak voor 19 Maart 2013". My arme ma het niks gesnap met die kaartjie en het eers gesnap met die kousie en die foto wat aangaan. My skoonma het dadelik al met die kaartjie besef wat aan die gang is en so 'n effe "trippel" ontwikkel terwyl my skoonpa die sonar foto voor haar neus weggeraap het en eerste besef het wat aan die gang is. Almal oorstel van vreugde en ons is so bly daaroor.
Ook.....is ons bly ons het hulle nie vertel van IVF nie. Die gesprekke wat gevolg het na die aankondiging oor hoe vrugbaar die 2 oumas was en hoe hulle swanger geraak het met die drop of 'n hat (onderbroek!) het my amper onder gekry. My skoonma was selfs op 'n stadium so arrogant om te vra of ek vinnig "gevat' het nadat ek die pil gelos het. Ek sidder nou nog as ek dink aan haar vraag. Sommer so voor my skoonpa en so asof sy geregtig is op daardie antwoord. Maar...ek besef ook dat as ek minder sensitief is oor die saak, dit my seker nie sou pla nie. Maar ons is nou seker dat ons nie ons TTC pad met hulle gaan deel nie. Die insig en begrip is maar min as dit by sulke dinge kom.