Hi Dames,
Ek hoop almal het 'n wonderlike naweek gehad!
Jooste,
Ek is jammer om te hoor dat julle nie die moeilike pad met julle ouers kon deel nie, maar ek verstaan 100%, Ek weet nie wat ek sonder my moeder sou doen in die moeilike tyd nie. Maar ek het die Helse groot fout gemaak om vir my skoonma ook te vertel. Sy het aanhou vra wanneer ons gaan begin met gesin, en toe het ek mooi met haar gaan sit en verduidelik wat fout is. Die kommentaar en opinies wat sy sommige dae gehad het, het baie seer gemaak. Soms kon ek dit aflag as absurdheid, maar ander dae het ek ure om gehuil!
So ek glo as julle nie gemaklik is om die volle storie met mense te deel nie, Moet nie, want dit kan BAIE seer maak as mens dit met die verkeerde een deel...
Op 'n meer positiewe noot... Ek is sooooo bly dit het goed gegaan met die scan! En ek stem saam SIES vir die dokter wat jou babsie so poke.... Hy moet hom gedra, maar nou het julle darm vir julle klein mensie sien rond kriewel!
Blommie,
Hoe was julle visvang naweek gewees? En voel jy darm nou weer jou ou self?
Hopeful,
Ek hoop jy het julle lang naweek sommer baie geniet! Is daai kot nou klaar afgeskuur, en geverf? Kom sit 'n foto'tjie op sodat ons kan sien.
AFM,
Ek het gister aand die eerste panneel gedoen van die Tatty Teddie muur behangsel vir baba se kamer. ek is baie opgewonde, dit lyk sover heel oulik. Ek het nou sommer hoop vir die Kamer. Ek doen die Sketse in poeier pastels. Ek gaan 6/9 A2 panele doen wat dan die een muur kan bedek, want ons huur mos ons woonstel, so ek mag nie die mure verf nie. Die is 'n foto van die eerste panneel.