More more dames,
Ek se net gou hallo want lyk my ek gaan weer heeldag uit kantoor wees by 'n klient.
Marie, welkom terug, het jou baie gemis. Tyd vlieg vreeslik. Ai, jammer oor die slegte weer, maar bly julle het darem 'n heerlike vakansie gehad !! Voorspoedige nuwe jaar vir julle. Ek dink dis weer tyd vir 'n nuwe belly phodie !! Deel asb jou hospitaal lysie, wil net vergelyk met myne. Jy kan my sommer email as jy wil.
Jong, ek kan nou nie alles onthou nie, weet nie of jy nog hier was toe Lalie uitgevind het sy is swanger nie, Slakkie gaan nou begin met hul IUI, Ella se tweede IVF het ongelukkig nie gewerk nie, Paisley se Rikus het gearriveer op die 1ste....mmmm......kan nou nie die res onthou nie, maar ek weet daar was nog. Hexy, enige iets wat jy kan onthou ?
Hexy, ek kry nie meer scan phodies nie, net dvd's, maar ek sal met die volgende 4D van Woensdag vir jou kom post. Ek neem my 30 weke pensie ook volgende week af en sal dit ook post. Wow, ek kan nie glo tyd vlieg so nie. Ai, jammer jong, het nogal gedink die geboortes hierdie maand gaan jou tref, jammer man, dis nie lekker nie. En moenie te veel stres oor die BFP nie, julle sal dit weer reg kry op die regte tyd.
Hallo aan almal anders, julle moet 'n heerlike dag he !!