× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 8 months ago - 15 years 8 months ago #145294 by Goggatjies
Wow - Cornel
Ongelooflik

Slakkie baie sterkte, kan nie wag om die dae saam met jou te begin tel voor dat jy daai BFP sien.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #145284 by Cornel
Hier is 'n foto van hoe Bloemhof Golfbaan nou lyk.

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #145279 by Cornel
Die vis (en yskas en ’n lapa) loop lekker op gholfbaan’
2011-01-09 21:22
Carla van Niekerk
Die ergste is nou verby mits dit nie binne 24 uur hard reën nie.

Só het me. Linda Page, woordvoerder van die departement van waterwese, gistermiddag gesê oor die watervlakke wat talle inwoners van Bloemhof tot Christiana in Noordwes die laaste tyd geteister het.

Mense moes hul huise verlaat nadat die Vaalrivier se vloedwater dit oorstroom het.

In Bloemhof is sowat 74 huise in die Die Hoek-vakansieoord onder water en net die dakke is plek-plek sigbaar.

Die eienaars kan sedert verlede week nie meer by hul huise uitkom nie omdat die enigste toegangspad ook onder water is.

In Christiana staan die water plafonhoogte in talle oewerhuise en die watervlak het gisteroggend steeds gestyg, het me. Anneline Buys, DA-raadslid in die Lekwa-Teemane-munisipaliteit, gesê.

Mnr. Sias Meyer, eienaar van die Plek van die Visarend-gastehuis-en-restaurant in Bloemhof, het weens die vorige oorstromings in Januarie verlede jaar ongeveer R2,5 miljoen se skade gely en kon eers teen einde Junie weer begin sake doen.

“Nou moet alles wéér eers droog word. Dit is groot skade.”

Van die inwoners het die kans benut om op die oorstroomde gholfbaan in Bloemhof vis te vang.

“Die vis loop baie lekker.

“Ek het al ’n yskas en ’n lapa hier verby sien kom,” het mnr. Kobus Hanekom, wat al 30 jaar lank in dié dorp woon, vertel.
Volgens hom het die rivier se vlak nie so hoog opgestoot soos verlede jaar nie.

Volgens Page was die Bloemhofdam teen gistermiddag 90% vol met ’n uitvloei van 2 800 m³/sek. en ’n invloei van 3 100 m³/sek. Buys het gesê in die laagliggende dele van Christiana het die water tot twee strate bokant die rivier opgestoot.

Mnr. Gerhard Visser, ’n inwoner van Christiana wie se huis plafonhoogte onder water is, het gesê dit is die sesde keer dat hul huis oorstroom word. Hulle bly nou by hul kinders wat hoër op in die dorp woon.

Visser is egter nie moedeloos oor die groot werk wat nou weer voorlê nie.

“Dit is ons wat in die rivier se pad is, nie die rivier wat in ons pad is nie.”

Mnr. James Wilson, ’n onafhanklike versekeringsmakelaar in die Christiana-omgewing, het gesê twee van die grootste versekeringsmaatskappye het verlede jaar sowat R30 miljoen aan eise uitbetaal.

Mense vergeet dat boere ook groot skade deur dié oorstromings ly, het hy gesê.

“As net een sirkel aartappels of mielies onder besproeiing tot niet gaan, is dit gelykstaande aan die skade wat aan ses huise aangerig word.

“Onthou, gewoonlik is die huis nie heeltemal daarmee heen nie.”



Drie van die Vaaldam se 17 sluise wat die laaste paar dae oop was, is gistermiddag laat toegemaak

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #145258 by Slakkie
More more almal!!!!

Net 'n vinnige update soos beloof!

IUI in volle swang vandag met medikasie begin inseminasie is volgende week!~

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #145251 by marie r
Sjoe, Ankia. Jy lyk rerig goed en 'n mens kan 'n groot verskil sien.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #145239 by Goggatjies
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #145234 by Goggatjies
Ansa - sit is so nice om van jou te hoor
Ek is bly dit gaan so goed en dat die skopppe so hard is

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account