More almal
Anje, bly dit gaan so goed met Lianey. Jy moet weer bietjie fotos kom post, of sal ons wag vir die 4D? En dit is soos Tienka se, 'n babakamer is eintlik maar 'n nice-to-have, Jayden het ook by ons geslaap, alhoewel daar 'n babakamer was waar ek hom gebad het. So dinge sal vir jou uitwerk soos wat dit moet
Hiya Marie

Bly om weer van jou te hoor. Ek het jou gesms oor die vakansie, maar nie van jou gehoor nie. Kan jy glo, oor 'n maand is dit amper sulke tyd. Ek het ook gister uitgewerk, ek sou nou al 32weke gewees het, ek het my nogals reggemaak vir mid Januarie omdat dit mos 'n hoe risiko swangerskap was....Kan nie glo die tyd het so gevlieg nie!
Julle...gaan kyk bietjie op Jana se website na 'n paar van ons fotos:
www.imagesforlife.net/page9.htm
Wag nou vir my cd wat sy gepos het....Ek lyk natuurlik vet op die fotos, maar ag wat, dit het nogsteeds stunning uitgekom.
Nie veel nuus aan my kant nie, DH moes Saterdag gaan werk het, toe skielik ontwikkel hy 'n maagvirus, is toe Saterdagoggend op drip gesit, want die hospitaal was vol. Hy is darem nou al bietjie beter, het gisteraand gaan werk.
Ek glo vas ek is uit vir die maand met 'n BFP....geen simptome soos voorheen (seer boobs of emosioneel)...en kry nou al AF pyne. So ek het myself voorgeneem ek gaan nie eens 'n HPT gaan koop nie. Dis seker maar okay...ek weet dit is nie in my hande nie, maar in God s'n.
Hoe was julle naweek gewees??