Hi Jooste, Welkom Terug !! Ja dis nie so lekker terug by die werk nie. Sien julle gaan Feb/Mrt weer FS toe, dis baie goed om ‘n ruskans te vat met die TTC ding, maar moenie te lank wag nie hoor. Ek sien baie uit na die volgende BFP op die thread.
Cornel, ons probeer altyd om vakansie te hou op ‘n plek waar ons nog nie was nie, maar is baie lief vir die Kaap area vir lang vakansies en Durban area (Suidkus verkieslik) by see vir lang naweke ens.
Dankie M2M, ek weet van UIF, net gedink as ek na 6 weke half dag werk, kry ek darem halfte van my salaris dadelik, met UIF wag jy vir ‘n baie lang tyd.
Lalie, sien jou by die moomie meet !! Morgs kom ook, ons gaan sommer kyk om saam te ry, nie te seker van Tienka nie.
Karin, eina vir geswelde voete, jy moet hulle maar lig soveel jy kan.
Strikkie, geluk met jul anniversary !! Klink of julle lekker uitgeeet het en link of die wyn nog lekkerder was.
Hexy, yuck vir huis skoonmaak !!
Ankia, geniet jou af dag !! Ek weet nie hoe hou jy dit uit om so naby aan familie te bly nie, maar geniet die stilte en die uiteet.
Slakkie, whoooohoooo, dis wonderlike nuus vir hierdie Vrydag oggend !!!!! Ek hou hou styf duim vas en bid en hoop die eerste slag werk, onthou om ons te update op al die spuite en goete hoor. FXFXFXFXFXFXFXFXFXFXFXFXFXFX