× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 8 months ago #142806 by Goggatjies
Strik, ek dink ook af is op pad, met die spotting.
Sorry

Ai Cornel, my krediet kaart was so gecloan die ander dag, het iets by die spur betaal en nie 'n uur later nie, toe is my kaart by 'n pizza plek gebruik, het sms gekry, ek het toe bedrog saak oopgemaak en het my geld 3 dae later terug gekry
Ek het vir spur gebel en gese dit was een van hulle waiters
Maar weet nie of hulle dit opgevolg het nie

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #142803 by Tienka
Die bleddie skelms raak al hoe slimmer!!!

Strik, gelukkig is my honde katte gewoond so dis net snaaks vir die eerste 2 dae en dan stel hulle nie belang nie.

LOL. is reg Ankia, ek terg jou sommer!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #142802 by Goggatjies
Sorry Tienks, maar het nie eers die kamera hier nie
Sorry, sal probeer more onthou

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #142791 by Cornel
Tienka,Bloemhof se polisiestasie is so pateties......

My pa was mos nou vir 'n groot galblaas operasie,die aand toe hy ontslaan word,hier om en by 22:30 kry my ma 'n sms op haar foon,sy druk toe net die knoppie dat hy nie so moet raas nie......die volgende oggend lees sy die sms,toe het iemand R1000 uit haar bankrek getrek,maar die bankkaart is by my ma in haar beursie in die kas........Gaan toe bank toe,trek 'n staat,sien op die staat dat daar die vorige middag 'n OTM staat getrek is om te sien hoeveel geld daar beskikbaar is......Bank se ma'lle moet 'n diefstal saak gaan ingee.......Polisiestasie is swart,wil nie verklaring doen as my ma hom nie in engels gee nie......maar ja,op die ou einde is hulle darem gehelp.Bank het na die tyd toe darem die geld aan hulle terug betaal.....intussen was daar al 15 klagte ingegee van geld wat so weg geraak het,daai een ou het R22 000 verloor.....

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #142788 by Strik*kie
Hi julle

Ankies, dis baie sleg, sjoe gelukkig is jou sus ok, maar die bleddie goed het geen respek vir ons nie, maak my sommer woedend en ons SAP is ook nie te watwonders nie. :(

Cornel, hoop hulle kry iets aan die saak gedoen, maar ek stem saam Tienka, die diens ....... ek het nie woorde nie.

Hi Tienka, Coco-mew is te cute, ek wil ok een he maar ons honde sal dink dis Kersfees :lol:

Ankia, ek het dip gehad, :( jy kan gou gaan loer maar ek dink af is oppad!! Het gisteraand gespot en vandag niks, dink dis hoekom ek gister so hengse migrain gehad het :(

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #142785 by Tienka
Die honde help baie, hulle kan ten minste waarsku.

Ai toggie Cornel, hoop jou skoonpa kry die saak gou afgehandel (alhoewel yeah right, met heirdie stelsel van ons :dry: )

Ankia, ek wil nou nie kerm nie, ma waa is ons foto's??? :laugh: ;)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #142782 by Cornel
Goeie more julle!

Sjoe ankies ek hoop jou sus het darem laas nag geslaap......

Ons het ook gister 'n voorval op die plaas in die SA gehad.....om 'n lang storie kort te maak......een van ons werkers het R9000 uit my skoonpa se bakkie gesteel,skoonpa het diefstal saak gaan insit.....so nou sal ons maar wag en sien wat gebeur.

Ai en nou kom die vroutjie met die 3 kids hier aan,ek sien iets by die klein dogtertjie,nou 2,se oortjie,roep haar,toe is dit sulke bloederige water wat by die oortjie uitloop,sy het grommets in......sy sal haar nou gou dr toe vat,sodat die net na die oortjie kan kyk.

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account