More julle almal!
Ai julle, dis darem erg om te lees van al die misdaad! Ankia, ek is baie bly jou sus is okay onder omstandighede, dinge kon lelik geraak het. Gelukkig kry die blerrie fools toe nie die kar gestart nie, hehehe, dom idiote. Siestog, ek is net so paranoid, kan dink hoe sy nou moet voel. My een vriendin se sus is ook "gunpoint" gehou so paar dae terug (in Bellville), en is vort met die geld wat by haar werk in kluis was, en haar beursie, selfoon en kar. Die kar is gekry (natuurlik aan flarde), maar die helsems het weggekom. Ek kan nie kla van Robertson se SAP nie, het nog nooit probleme gehad met hulle nie, maar ai, ons verkeersmanne is "up to no good!".
Jitte Tienka, Coco-Mew is te mooi!!! Nou wil ek ook ene he! Ai man, dit sou lekker gewees het om so 'n "tehuis" vir hawelose diere te kon begin. Ek is net so lief vir diere, het altyd omtrent 'n zoo gehad as kind, maar nou is ons erfie te klein en ons is maar min b die huis.
Ag nee Strikkie, ek hou nogsteeds duim vas!
Ek moes eers lag gisteraand, ek gaan Clicks toe om OPK's te koop, en soek toe in die verkeerde rak. (Hulle het ALWEER die winkel geskuif). Die verkoopsdame kom vra toe of sy my kan help, en ek hap toe bubbles en bloos bloedrooi. Wel, ek is toe huis toe met multi-vitamiene op die ou end, hahahaha. Mens kan darem maar simpel wees, hoekom kon ek nie maar reguit sê wat ek soek nie? DH dink dis vreeslik snaaks, hy sal vanaand maar die OPK's gaan koop.
Shame Cornel, hopelik kan dr darem help met die grommets. Foeitog, dit moet baie seer wees.