× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 10 months ago #138939 by sexy~hexy
Grafstil hier vandag....waar is almal???

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #138935 by Tienka
Hallo Anje, dis amazing hoe die babas reageer op verskillende dinge!! Ek hoop regtig die kombuisou kry sy alie in rak en dat hy nie verdwyn nie!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #138914 by Lia
More more almal, ek is vanoggend weer toe onder die werk, so kan nie nou opvang nie, maar belowe ek sal.

Ek dink BabaD hou van viool musiek, sy het gister tydens kerk diens vreeslike geskop en tekere gegaan as die viool musiek speel en as dit ophou het sy rustiger geraak. Maar moet se sy is vanoggend baie meer aktief as normaalweg en dis vreeslik lekker, ek is te bang om te beweeg, bang sy hou dalk op. Daar was 'n doop by die kerk gister , ons sien nou al hoe meer uit na haar koms. Het 'n vreeslike besige naweek gehad, maar lekker, een van die weeshuis seuntjies by wie ons gaan kuier het verlede week verjaar en ons het gister middag twee groot koeke saam gevat met kersies en al - hulle het dit vreeslik geniet en tussen die 10 kinders is beide koeke tot die laaste krummel geeet.

PS: Die kombuis is nog nie klaar nie, ek het 'n baie mooi sms aan die man gestuur en gese hy moet sorg dat sy goed die week klaar kom, ons gaan volgende week op vakansie, want hy antwoord skielik nou nie die foon as jy hom bel nie.

Julle moet 'n heerlike dag he !!

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #138893 by Tienka
Nou waa is almal dan nou vandag???????

Hallo Karin, jy moet nou biekie briek aandraai jongie!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #138863 by KarinM
More dames.

Hi Cornel! Welkom terug, bly jy het jou vakansie so geniet! :)

Lalie - weereens baie geluk dolla!! mag dit 'n wonderlike 8 maande wees wat voorle!

Gbaby - shame jong... klink of jy ook weer 'n naweek nodig het, 'n baie rustige stil ene!! Sterke!

Hexy - pragtige foto van Jayden en William! Julle seuntjies is pragtig! Hoop ons kry 'n verrassing van jou ook af vir Kersfees... ;)

Ankia - sal gaan stem vir William. :) Hoop ook vir julle part dat die naweek heerlike lieflike weer sal he!

AFM: Gaan goed, net vrek moeg. Was 'n hengse besige naweek en ek het glad nie gerus soos ek gehoop he nie. Was gister baie lyfseer en sommer yucky gevoel, maag pyn, naargeid en het gedink "o vrek..." maar toe teen die aand het dit verbeter. Gaan die week probeer om dit baie rustiger te vat.
Die kids se konserte was so oulik en mooi gewees die naweek...aaahh... ek is so trots op hulle. :)

Lekker dag vir almal!

lb1f.lilypie.com/TikiPic.php/0w8WPCH.jpg[/img] [/url]

File Attachment:

11 Year old Daugther - Arina
4 Year old Son - Reuben
Baby Girl - Kiana

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #138861 by Tienka
More almal,

Het 'n rustige 'besige' naweek gehad, begin om kaste uit te sorteer maar dit gaan maar stadig :laugh:

G, jy het omtrent 'n naweek agter die blad, jy het 'n blaaskans nodig!!

Hexy, bly julle het die naweek geniet en dat julle veilig tuis is. Die 2 seuntjies is te pragtig!!

Ankies - natuurlik sal ek vir Willian stem, dis 'n stunning foto, maar die website is so besig ek kry nie gevote nie, sal aanhou probeer

Lalie - weereens baie geluk, geniet jou swangerskap dit is 'n absolute awesome experience!!

Hallo Cornellie, bly julle het die vakansie geniet!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #138858 by Cornel
Sjoe maar dit is stil hier?

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account