Hello julle
Sjoe bytjie jou dag het uiteindelik aangebreek om babsie te sien. Hopenlik is die beentjies mooi oop.
Mommyme, ek onthou die 4 weke tussen elke afspraak was aaklik darm nog net een week.
Alicia, ek dink almal is reg oor die duitse masels voor 12 weke. Ek het n vreeslike rash orals gekry en dokter het my dadelik gestuur vir bloedtoetse. Hy het ook vir my gese as ek duitse masels het is daar imunoglobuliene wat hulle kan gee. Dit werk nie altyd nie. Gelukkig was ek immuun en die uitslag was a.g.v hitte. Maar mens skrik. Sterkte vir jou afspraak more
Dellie, ek kan self nie glo jy is 10 dae weg van jou keiser nie. Dit is absoluut amazing. Is jou tassies gepak?
Momzee, hoop jy geniet nog jou kraamverlof
AFM: Vrydag se afspraak was toe nie so goed nie. Ons seuntjie groei te stadig. Hy is nou maar 1.8kg. Het slegs 100 gram in 2 weke opgetel. Dokter gee hom nog hierdie week en as hy nie vinniger begin groei nie gaan sy hom uithaal. So dellie, dalk wen ons jou

My bloeddruk is ook n bietjie hoog, maar ek glo dit was net n slegte dag. Ek is die week 35 weke. Ek wil ook die week klaar maak by die werk, maar sal kyk hoe gaan vrydag. As seun buite gevaar is sal ek nog een week halfdag werk.
Lekker dag vir julle