Haai aan al die Faeries!
Hoop dit gaan voor die wind!
Momzee - waarna toe het die tyd gegaan?? 35 weke! Hoe voel jy?
Kayla - Hoop alles verloop goed af, probeer dit rustig vat.. 5 weke is NOU!!!!! Flippen hel, dit voel asof amal se swangerskappe net veby vlieg - Hoeveel weeg boetie nou? En het julle al besluit op 'n naam?
Bytjie -

Ek is al so moeg om op te staan om te gaan pieps.. Ons het 'n hoe bed, en dis 'n mission om soos 'n wors van die bed af te rol.. En dan gebeur dit elke uur... En dit voel asof dit een hengse piepie is, dan is dit 'n paar druppels...
Eks was nou gister 29 weke.. Was vandag by die Dr en sussie weeg al 1.3kg.. Sy vorder mooi aan. Ekt ook my baba tee gehad en WOW is al wat ek kan se.. Ek weet nie wanneer die baba al die klere en goedtjies gaan dra nie.. Ekt nou maar begin uitspoel, en sommer terwyl ek besig was haar tassie ook begin pak.. Ek pak nou weer hopeloos te veel goed, maar my man moet die sak dra, so ek is nie te veel ge-warry nie LOL
Ek moet nog my eie goed uitsorteer... Ek wonder of dit nie maar makliker is om die sak te koop by die hospital nie, ek weet nie waar 'n mens die bed liners moet kry nie.. Dit klink asof hierdie een hengse warzone is.. Met al die doeke (want daardie maternity pads is scary) waarna toe ons oppad is.
Verder hoop ek dit gaan goed met elke liewe een van julle! Nie meer lank nie dan hou ons kersfees saam met die babies, ek weet ek het virseker gekry waarvoor ek gewens het!
Lalie xx