Hello julle
Sjoe Dellie, jou tyd is nou naby. Hoe cope jy so teen die einde? Ek het nog so 4 weke om te loop en ek is reg om hom nou in my hande vas te hou.
Bytjie en Alicia, ek hoop julle vind binnekort uit vir seker wat julle geskenkie is. Dis vreeslik om so te moet raai.
Sjoe Lallie, jou prinses het n mooi gewig. Dis lekker as hulle so mooi groei.
Momzee, het jy jou eerste week van kraamverlof oorleef, haha.
Al die ander wat my preggie brain vergeet het, hello.
AFM: Sien more weer vir die dokter. Ek is nou 34 weke en 1 dag. Hoop ons seun se gewig lyk beter. Hy is maar aan die klein kant. was op 33 weke 1.7 kg. Ek het nog so 3 weke by die werk oor, as ek dit maak. Het my datums uitgewerk vir n normale geboorte, dis die dat ek tot op die bitter einde moet werk. Maar dokter reken baba gaan vroeer kom.

Sy het my nog nie n definitiewe datum gegee nie want ons vat dit maar dag vir dag. Dit is op die laatste die eerste week van September.
Lekker week verder vir julle en kom update!