heart gesels saam op die pad na geboorte

12 years 2 months ago #250682 by APotgieter
Baie dankie Mommyme ek weet nie jong sal julle more oggen update gaan half 1 doker toe :)

[link=http://lilypie.com] [/link][link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 2 months ago #250676 by Dellie
Hallo aan al die pragtige dames!

Ek hoop dit gaan goed met elkeen van julle?

AFM - ek was vrydag weer by die dr en alles lyk nog baie goed. Ons poppie het met 'n stink spoed gegroei in
2 weke - sy weeg nou al amper 3kg! Sover is my keiser nog die 21e Augustus vir 09h45 die oggend - tensy
sy besluit om vroeer te kom. Ek maak vandag klaar by die werk en dan is ek met maternity leave. Ek sou
tot die 15e gewerk het maar my lyf kan dit nie meer hou nie. En ek moet darm so bietjie rus ook.

Ek het vrydgag my UIF dokumente gaan ingee by die mense wat dit vir my doen so hopelik kry ek darm
so 'n paar randjies daar! Ek het haar bedjie opgemaak die naweek so alles is nou reg.

Kan nie glo die tyd het so vinnig gevlieg nie! Oor bietjie meer as 'n week hou ek my wonderwerkie in my
arms vas!

Jullle moet 'n lekker week he!

xx

Me: 30 (PCOS)
DH: 31

TTC: Since September 2012
May 2013 – Fertomid - no follicles
June 2013 - Laparoscopy and Ovarian Drilling
Aug 2013 - 2.5mg Femara and Ovidrel (homeplan) - BFN
Oct 2013 - 2.5mg Femara, Menopur, Ovidrel (homeplan) - BFN

28 Oct 2013 - Move to a FS - Dr Johan Pentz

05.12.2013 - Femara, Gonal F, Lucrin - IUI - BFP 18 December 2013 Beta 127..So blessed!

3.01.2014 - first scan 6 weeks 1 day - one perfect heartbeat.
14.02.2014 - 12 week scan - absolutely perfect and all going well.
10.03.2014 - It's a little girl!

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 2 months ago #250675 by MommyMe
Môre almal

Hoop julle naweek was lekker, darem bietjie warmer in die Kaap gister. Heerlike sonnetjie! :P

Alicia geniet jou ondersoek,ek het vir jou bietjie gaan oplees. Het jy dalk Duitse masels as kind gehad? want dan is als fine en sal jy dit nie sommer weer kry nie. Indien jy nie gehad het nie,dink ek jy is redelik ok wat risiko aanbetref. Hulle se as jy dit kry in die eerste 12 weke is daar groot risiko vir baba. Na 16 weke val die risiko drasties en na 20 weke,is die kans dat enige iets fout kan gaan,baie laag. Ek sou nogsteeds net met jou DR praat as ek jy was,maar prober om nie te veel te stress daaroor nie. Laat weet ons ook wat die Dr se opinie is asb.

Ek is vandag 16 wekies. Nog net 1 week dan gaan ons weer vir sussie loer. |Ek voel haar nie so baie nie en sy le nog baie laag. So sien baie uit.

Bytjie jy is seker nou al by jou afspraak!! kom update! Sien uit!

Lekker dag almal verder.

xx

Twin angel baby girls born and went to heaven


File Attachment:


File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 2 months ago #250674 by APotgieter
Hi julle ek is so opgewonde oor vandag gaan weer bietjie kyk hoe gaan dit met baba :heart: :heart: :heart: :heart: :heart:

Ai ek sit in "n penarie - Ek het bloed toetse laat doen en ek is nie immune teen masels nie :( en nou is daar so baie gevalle van masels - wat is julle gevoel hieroor, ek het in sister Lillian se boek gelees die naweek dat dit net skadelik is vir ongebore babas voor 17 weke - is dit waar?
Ek is te bang om dit te google omdat google altyd net die slegste kante gee nie die beste nie :ohmy:


Hoe was julle naweek gewees?

[link=http://lilypie.com] [/link][link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 2 months ago #250648 by Bytjie
Kayla, my dr is net Woensdae en Donderdae in teater, tensy daar 'n noodgeval is. En ek het uitgevind hoe vroeër my afspraak is hoe meer op tyd is dit. Ek het al 'n paar afsprake in die middag gehad en dan het dr altyd laat gehardloop. Plus ek sal nie nog die ekstra wag vir 'n laatmiddag afspraak kan verduur nie. 'n Mens moet jou baas so kry. Gelukkig is myne darem nie 'n erg slawedrywer nie.

Me (38): PCOS, Anovulation, DH (32): Fine
Jun '12 - Sept '12: Metformin + 2 Rounds of 50mg Fertomid, BFP, @ 9 Weeks - Missed Miscarriage, D&C
Dec '12 - Apr '13: Meftormin + 50mg-150mg Fertomid, Last Round NO STIM
17 Jun '13: KI #1 = 5mg Femara + 250mg Ovitrelle, BFN
18 Jul '13: KI #2 = 5mg Femara + 250mg Ovitrelle, BPF, 14 Aug '13 Miscarriage @ 5.5 weeks
6 Oct ' 13: Miscarriage (Natural BFP)
24 Oct '13: Histeroscopy - All fine
25 Feb '14 - 5mg Femara & TI - BFP! Feeling so blessed!
14 Dec '15 - Blessed with a Natural BFP

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 2 months ago #250645 by kayla
Bytjie, ek maak altyd my afspraak so laat ek kan want dokter hardloop altyd laat. Sal my net uitstress. Alhoewel ek nie omgee om te wag nie, want my dokter vat haar tyd met haar pasiente, so ek weet as dit my beurt is, kry ek haar volle aandag. My baas druk ook altyd die laaste minuut se werk uit my uit, so ek het op die harde manier geleer om vir my baas te se dat my afspraak n uur vroeer is as wat dit regtig egtig is :evil: :evil:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 2 months ago #250642 by APotgieter
Hi julle preggie ladies

Bytjie is 100000000000% reg ek dink nie ek het al ooit n naweek so verby gewens soos die een nie - Maandag moet net kom :woohoo:

Ek het gistraand vir baba gevoel maar was so geskok gewees en nog niks verder nie, moet maar net geduldig wees :headbang:

Kayla jy moet jou scan geniet dis die beste kan nie wag om die pics te sien nie

Momzee baie geluk dis goed as baba so mooi gewigies op tel

Julle moet almal n lekker daggie en n lekker naweek (Hoewel hopenlik n kort naweek :woohoo: ) he

[link=http://lilypie.com] [/link][link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account