heart gesels saam op die pad na geboorte

12 years 4 months ago #250240 by kayla
More julle

Hoe gaan dit? Dellie ek sien ook my dokter vrydag. Jy moet kom update sodra jy n kans kry oor jou nuwe dokter. Ek wil ook my bed boek vrydag. Ek raak nogal nervous oor dit. Is jou UIF nou uitgesort? Ek is nog stadig maar seker besig met myne, wil so teen middel augustus bank toe gaan. Die vrou se ek moet dit nie te vroeg doen nie anders aanvaar hulle dit nie.

Bytjie, dis so lekker om babsie te voel. Ek kan vir ure met my hand op my maag sit en net voel.

MommyMe ek het ook al so twee keer gespot. Elke keer as ek dokter toe gaan dan doen sy n interne ondersoek en genadiglik is dit elke keer net infeksie rondom my serviks. Ek sukkel baie met blaas infeksie. Sy se baie swanger vrouens kry dit. Sy het my een keer op antibiotika gesit vir dit, maar nou is ek te ver swanger so sy kan nie meer nie. Sy het gese dat ek met soutwater moet skoonmaak. Dit brand bietjie, maar dit het gehelp. Dit vir so week gedoen en al meer as 4 weke sonder spotting. Ek se altyd, as jy worry, bel jou dokter of gaan in.

Momzee, maar jy is fluks. Ons babakamer is 90% geverf en al die klere en goedjies nog in bokse en sakke in die spaarkamer. Ek weet ek sal moet begin, maar wil nie dat alles na verf ruik nie. Die beddegoed en gordyne word nog gemaak.

Hello al die ander.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 4 months ago #250239 by Bytjie
More, more dames, hoop dit gaan goed met julle almal.

Dellie, babsie karate my nog nie deurmekaar nie, maar daar's definitief baie meer beweging as verlede week. Ek hoop jy hou van jou nuwe dr en nog net 'n paar wekies dan is jou poppie hier.

Mommyme, dankie jy moet bietjie kom update oor jou swangerskap.

Momzee, amper vakansie tyd vir jou - lekkkeeerrr. Jy's omtrent uitgesort met die baba kamer.

Kayla, geniet die afspraak. Hoop boetie het sommer lekker gewig aangesit.

Julle ek dink my skaal by die huis is stukkend. Dit sê ek het sover nog net omtrent 'n kg opgetel. Maar al is daai skaal ook hoe verkeerd, onder geen omstandighede gaan ek van dit ontslae raak nie :evil: .

Me (38): PCOS, Anovulation, DH (32): Fine
Jun '12 - Sept '12: Metformin + 2 Rounds of 50mg Fertomid, BFP, @ 9 Weeks - Missed Miscarriage, D&C
Dec '12 - Apr '13: Meftormin + 50mg-150mg Fertomid, Last Round NO STIM
17 Jun '13: KI #1 = 5mg Femara + 250mg Ovitrelle, BFN
18 Jul '13: KI #2 = 5mg Femara + 250mg Ovitrelle, BPF, 14 Aug '13 Miscarriage @ 5.5 weeks
6 Oct ' 13: Miscarriage (Natural BFP)
24 Oct '13: Histeroscopy - All fine
25 Feb '14 - 5mg Femara & TI - BFP! Feeling so blessed!
14 Dec '15 - Blessed with a Natural BFP

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 4 months ago #250234 by MommyMe
more almal

Dellie ek loer ook altyd om te sien hoe jy vorder. Wens ek was al so ver,mar ons vat dit maar week v week. :P Was gister by Fetal Assessment vir die 13 weke scan. Dr is baie happy en babatjie groei perfek op tyd. Ons het ook uitgevind dis ;n dogtertjie,so ons is vreeslik opgewonde. :woohoo: Ek het wel vanoggend baie ligte spotting gehad,netnou gelyk of dit amper weer weg is, ek raak maar redelik paranoid oor sulke goedjies juis oor wat laas gebeur het.

Maar ons glo en vertou net in ons Almagtige God en hy sal ons beskerm.

Momzee ek vertel gister vir my man hoe gelukkig jy is met jou vakansie en kraamverlof. Ek wou ook onderwys swot,so ek wonder hoe dit sou wees soms.

Kayla ek sien jy vorder ook goed, exciting!!!

Lekker daggie almal xx

Twin angel baby girls born and went to heaven


File Attachment:


File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 4 months ago #250232 by Dellie
Hi almal!

Momzee - bly dit gaan goed met jou en sussie! En darm is jy amper met kraamverlof..whoohoo!

Bytjie - ek is bly dat jou vrugwater darm nou reg is! En dat alles verder baie goed gaan. Ek het nogal regtig
gedink dis 'n ou dogtertjie..! Voel jy al bietjie eer beweging en skoppe ens?

Mommymee - hoe gaan dit met jou?

AFM - More is ek 35 weke! Ek sien Vrydag die nuwe Dokter - en is baie opgewonde! So bly ek kon 'n nuwe dr
kry - sy is blykbaar baie nice maar sal maar sien Vrydag! Ek sien so uit om my poppie weer te sien en om te
weet hoeveel sy nouweeg.Sy skop en boks nog 'n hond uit 'n bos uit! Ek sukkel van laasweek verskriklik met
sooibrand - iets wat ek nognooit gehad het nie! Ek eet skaars iets dan het ek sooibrand! Ek tel ook by die dag
nou gewig op en my magie groei ook by die dag. Ek sukkel om te buk en om skoene aan te trek is nogal 'n
mission! En dan praat ek nie eers van slaap nie - dis iets wat nie meer bestaan nie!

Ek sien nou so uit om hierdie poppie in my arms vas te hou!

Ek sal volgende week kom update!

Julle moet lekker werk!

Me: 30 (PCOS)
DH: 31

TTC: Since September 2012
May 2013 – Fertomid - no follicles
June 2013 - Laparoscopy and Ovarian Drilling
Aug 2013 - 2.5mg Femara and Ovidrel (homeplan) - BFN
Oct 2013 - 2.5mg Femara, Menopur, Ovidrel (homeplan) - BFN

28 Oct 2013 - Move to a FS - Dr Johan Pentz

05.12.2013 - Femara, Gonal F, Lucrin - IUI - BFP 18 December 2013 Beta 127..So blessed!

3.01.2014 - first scan 6 weeks 1 day - one perfect heartbeat.
14.02.2014 - 12 week scan - absolutely perfect and all going well.
10.03.2014 - It's a little girl!

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 4 months ago #250214 by momzee
More almal!

So my vakansie het gister geeindig, maar volgende Vrydag begin my kraamverlof!! :woohoo:

Ek is so bly dit gaan nog goed met almal. Bytjie - ek is so bly als is weer normaal en back on track! Klink my jou kleintjie is sommer al van vroeg af misterieus!

Kayla - jy is nou 32 weke ne? 'n Week na my dink ek? Hoe groot is jou bulletjie al?

Ek was gister weer by gynae vir 33 weke scan en sy is baie happy! Nog bietjie bekommerd oor my bloeddruk maar baie happy met baba! Sussie weeg en met so twee weke vooruit en weeg nou so oor die 2.3kg, en haar voetjies is al 8cm lank! Ek dink nie haar sokkies gaan vir haar pas nie... Sy slaan sulke knoppe op my maag uit en haar een voetjie is heeltyd onder my een rib in.

Die lyf raak nou erg ongemaklik en die buk aksies raak al moeiliker. Kan nie rerig vreeslik eet nie want sy le basies die hele buik vol en ek suffer van sooibrand. Het sover so ongeveer 7kg opgetel, maar ek reken dit gaan seker verdubbel in die volgende ses weke soos sussie groei! Het myself vanoggend kaalgat in die spieel staan en bekyk en toe slaan ek sommer depro... Ek lyk en voel omtrent soos 'n olifant!

Baba kamer is 98% klaar en al sussie se kleertjies is al gewas en die kaste gesort. Hospitaalsak van sussie is klaar, maar myne kort nog die een en ander. My man het gister al met die storie gekom dat die sakke en snug and safe nou in die kar moet kom en dat die kar ook nou permenent vol diesel moet wees... Shame, hy sien so vreeslik uit, maar is maar erg op sy senuwees vir die normaal kraam ding. Wil net he ek moet begin oplees oor kraampyne ens!

En dis die einde van my opstel vir die dag!!

Lekker daggie verder vir almal!

[link=http://lilypie.com] [/link]
[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 4 months ago #250212 by MommyMe
Bytjie bly als is ok. Kom loer altyd in om te sien hoe dit met jou gaan. Laat die geslag maar verrassing wees,te oulik!! :P

Lekker daggie

Twin angel baby girls born and went to heaven


File Attachment:


File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 4 months ago #250202 by Bytjie
Hi Kayla, ek het die seël van die boks gebreek, wou sien hoe lyk die bottels regtig (ek het Mam gekoop). Maar die ok ek hou dit sommer vir #2 :woohoo:

My dr het gesê dit maak nie saak wanneer hy die keiser doen nie of ek in kraam gaan nie, ek moet op die oorspronklike due date wat hy my gegee het werk. So ek gaan so 20 Aug my bed boek dan is ek 28 weke.

Vreet maar voort jong dat daai mannetjie kan groei!!!

Me (38): PCOS, Anovulation, DH (32): Fine
Jun '12 - Sept '12: Metformin + 2 Rounds of 50mg Fertomid, BFP, @ 9 Weeks - Missed Miscarriage, D&C
Dec '12 - Apr '13: Meftormin + 50mg-150mg Fertomid, Last Round NO STIM
17 Jun '13: KI #1 = 5mg Femara + 250mg Ovitrelle, BFN
18 Jul '13: KI #2 = 5mg Femara + 250mg Ovitrelle, BPF, 14 Aug '13 Miscarriage @ 5.5 weeks
6 Oct ' 13: Miscarriage (Natural BFP)
24 Oct '13: Histeroscopy - All fine
25 Feb '14 - 5mg Femara & TI - BFP! Feeling so blessed!
14 Dec '15 - Blessed with a Natural BFP

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account