heart gesels saam op die pad na geboorte

12 years 2 months ago #250198 by kayla
Goeie more julle

Yeah! bytjie, ek is so bly dat jou vrugwater is weer reg en dat babsie gesond is. My afspraak is vrydag en soos ek eet MOET die kind 3 weke vooruit weeg :evil: . Ek is seker jy kan die pienk bottels omruil bloues toe?

Verder gaan dit goed met my. Is woensdag 32 weke :woohoo: :woohoo: . Ek het nog nie my bed geboek nie, maar ek wil vrydag as dokter vir my n datum gee. Sy praat nog in sirkels. Na Dellie se storie is ek nogal paranoid.

Lekker week vir julle

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 2 months ago #250197 by Bytjie
More dames, hoop julle het almal 'n goeie naweek agter die rug. Myne was net te kort :( . Hoop almal se broodjies in die oondjies bak nog lekker.

Was Saterdag weer by dr. My vrugwater is nou weer reg en babsie meet nog steeds 'n week vooruit en weeg nou 757gram. Geslag het verander, dr sê nou weer dis 'n seuntjie maar ons sal weer oor drie weke kyk (dr wat die detail scan gedoen het het mos geseê dogtertjie). Ek het besluit babsie se geslag moet nou maar 'n verassing wees by geboorte. En o ja seker maar 'n stel blou bottels ook moet gaan koop. Gelukkig het ek nog net 2 pienk wessies en 2 paar pienk sokkies gekoop en o ja die pienk bottels, so as nou verseker 'n seuntjie is dan het ek darem nie te veel geld spandeer op dogtertjie goedjies nie.

Hoop julle almal het 'n lekker dag.

Me (38): PCOS, Anovulation, DH (32): Fine
Jun '12 - Sept '12: Metformin + 2 Rounds of 50mg Fertomid, BFP, @ 9 Weeks - Missed Miscarriage, D&C
Dec '12 - Apr '13: Meftormin + 50mg-150mg Fertomid, Last Round NO STIM
17 Jun '13: KI #1 = 5mg Femara + 250mg Ovitrelle, BFN
18 Jul '13: KI #2 = 5mg Femara + 250mg Ovitrelle, BPF, 14 Aug '13 Miscarriage @ 5.5 weeks
6 Oct ' 13: Miscarriage (Natural BFP)
24 Oct '13: Histeroscopy - All fine
25 Feb '14 - 5mg Femara & TI - BFP! Feeling so blessed!
14 Dec '15 - Blessed with a Natural BFP

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 2 months ago #250179 by kayla
Dit is vrydag, Whoop whoop!!!

Lekker naweek hou julle. Bytjie, jy sien jou dokter more ne? Kom update as jy weet pienk of blou

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 2 months ago #250098 by kayla
So bly vir jou Dellie. Wanneer ontmoet jy die nuwe dokter? Kyk, tydens swangerskap mag n vrou maar kieskeurig wees, dis immers nie net jou lewe nie, maar jou kosbare babsie sn ook.

Ek begin ook nou groot te word, maar ek weet hoe meer gewig ek optel, hoe groter word ons seun. My dokter het gese ek moet nie eens na die skaal kyk nie, sy sal vir my se of ek te veel optel en of ek moet briek aan draai met die kos. Ek eet nie baie meer as gewoonlik nie, maar elke tweede dag n soet dingetjie :whistle: :whistle:

Lekker dag almal

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 2 months ago #250097 by Dellie
Hallo aan al die pragtige moomies!

HOe gaan dit met julle? Kom update bietjie!

Twinkle my vriendin, dis so lekker om van jou te hoor! So jammer daar is nog nie 'n BFP nie, maar weet jy,
Liewe Jesus ken die regte tyd!

AFM - ek het 'n ander dr kon kry! So dankbaar daarvoor. Ek sien haar volgende week Vrydag! My keiser
datum het nou ook sover verander na die 21e Augustus toe - net 'n daggie later. Verder gaan
dinge goed hier..ek slaap net glad nie in die aande nie. My bene kramp en dis maar moeilik om net op my
sye te le..ek hou maar daarvan om op my rug te le! Maar daar is baie tye wat ek wakker word en dan le
ek wel op my rug. Ek raak nou lekker groot - letterlik by die dag. Ek het nogal baie gewig om te verloor na die
tyd! Maar ek kla nie..hierdie is die beste ervaring en is elke dag so dankbaar vir hierdie spesiale geskenkie!

Oor 'n maand maak ek klaar by die werk - sien baie uit.

Ek het die naweek die vorms laat invul by die bank vir die UIF..nou is alles so te se klaar. Ek wil dit begin
Augustus vir die plek wat dit namens my doen, ingee.

Julle moet 'n lekker daggie he

xx

Me: 30 (PCOS)
DH: 31

TTC: Since September 2012
May 2013 – Fertomid - no follicles
June 2013 - Laparoscopy and Ovarian Drilling
Aug 2013 - 2.5mg Femara and Ovidrel (homeplan) - BFN
Oct 2013 - 2.5mg Femara, Menopur, Ovidrel (homeplan) - BFN

28 Oct 2013 - Move to a FS - Dr Johan Pentz

05.12.2013 - Femara, Gonal F, Lucrin - IUI - BFP 18 December 2013 Beta 127..So blessed!

3.01.2014 - first scan 6 weeks 1 day - one perfect heartbeat.
14.02.2014 - 12 week scan - absolutely perfect and all going well.
10.03.2014 - It's a little girl!

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 2 months ago #250079 by Twinkle
Hello julle .... Kayla, Bytjie en Dellie, StellaK en al die amper mammas

het gou kom loer waar trek julle en wanner wie se babatjies kom...

Dellie sjoe 20 Aug om die draai so jammer om te lees jy moet NOU van alle tye n nuwe dr kry...

Bytjie - hoe gaan dinge jou kant wanneer is jou datum en hoe lyk die vrug water?

AFM steeds geen BFP aan my kant nie maar baie rustig daaroor... Ons is mos van die bevoorregte ouers wat reeds een besige seuntjie het... Op die stadium praat ons glad nie oor TTC nie nie hieroor of daaroor nie net oor dit dood eenvoudig nie n MOET of iets is nie... Ons het ook besluit al Feb. dat ons geen verdere behandeling gaan doen nie ... what will be will be.... was Jan laas by FS gewees en het toe 3 maande se Fertomid gekry wat nog net so geseel inmy kas le nog nie eers gedink dalk moet ek dit drink nie ... en dit pla my ook glad nie. Ons seuntjie het op 'n stadium baie gebid vir n boetie dan wa dit bietjie "moeilik" aangesien mens hoor hoe graag hy n boetie wil he ... Hy is ook nou weer oor dit en praat glad nie van boetie nie... Het al vir paar mense gese as hulle hom vertel van hulle KINDERS dat hy Alleen is ... Maar ons het vir hom vertel liewe Jesus gee boeties en sussies ... Het n hele paar vriendinne wat binne die volgende maand kraam hy weier om aan hulle "pensies" te vat om te voel hoe "baba" skop....

Pas julle almal mooi op en ek sal beslis weer kom inloer....

Me: 31
DH: 32
TTC #2 since Oct'12

Oct 12 - Aug 13: Fertiboost & Acupuncture
6Aug: FS - Homeplan - Fertomid (50mg)
27Sep: Start with Clomihexal for 5 days
04Oct : Follie scan 1 14mm and 1 @ 12mm
08Oct: 1 Follie @ 19mm
Jan'14 - FS appointment STOP treatment
Okt 14 BFP
#1 BETA 1907
Due date 27 June

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 2 months ago #250072 by kayla
More julle

Bytjie, tyd stap vinnig aan en saterdag is nou nie meer so ver nie. Jy is seker baie opgewonde.

Dellie wanneer sien jy weer die dokter? Kon jy al uitvind of iemand anders jou keiser kan doen?

Momzee, gaan jy terug werk toe na die vakansie of is jy maar op kraamverlof nou?

Lallie, hoe ver is jy? Jou babsie is ook al amper hier

Hello al die ander wat ek nou mis (preggy insomnia brain)

Hoe gaan dit met julle almal? Sukkel julle met simptome? Ek moet se ek is redelik gelukkig, net ongemaklik veral in die aande na n lang dag by die werk. My enkels is 3 sizes groter en my blaas hou my waker al drink ek niks in die aande nie. Boetie skop nog lekker en ek love elke skop.

AFM: Het die naweek my babatee gehad, dit was awesome. Ons klein mannetjie is al klaar so bederf. Ons het nou so te se alles. Terwyl ek by die babatee was het my man die kamer geverf. Die kamer sal ons nog so paar naweke besig hou, maar dit gee my iets om te doen.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account