Hallo julle,
Dellie, hoe lyk jou kant. Wanneer is die groot dag.
Kayla, moenie so stres oor die gewig nie. 9kg is min en ons het mos 'n flou verskoning om lekker te vreet

.
Lalie, die tyd vlieg regtig vinnig maar ek verkies dit so. FX dat jy normaal sal kraam.
Baby, jy't letterlik nog net 'n paar dae oor voor jou baba hier is

.
Momzee, hoe was jou 4D scan toe.
Ek vat dit maar rustig. Ek's nog bekommerd oor die vrugwater storie maar ek het besluit om my nie te sit en verknies daaroor nie. Ek sien dr weer oor 2 weke so op die oomblik vat ek dit maar week vir week. Ek het uiteindelik die baba voel beweeg

(het al so 2 weke terug dieselfde bewegings gehad maar nie geweet dis babsie nie, lekker stupid ne

)
Ons gaan nie 'n babakamer hê nie net 'n baba-hoekie in ons kamer. Vriende gaan vir ons 'n campcot gee en ek wag maar om te kyk hoe dit lyk voordat ek verder na 'n houtkot soek en ons gaan seker volgende maand die pram en car seat en baba kassie uitsort. En dan is ons 'REG' vir baba se koms. Ekl het ook net 2 pakke pampers gekoop, ons sit maar die geldjies een kant vir wanneer baba hier is om nog te koop.
Julle moet almal jul dag geniet.