heart gesels saam op die pad na geboorte

12 years 3 months ago #249995 by Bytjie
More dames,

Dellie, so jammer om van jou dr te hoor, hopelik kry jy darem iemand met wie jy meer gemakliker voel om die keiser te doen. Nog net 'n paar wekies dan's jou poplappie hier!!!

Kayla, boetman mag miskien bietjie aan die klein kant wees maar hulle sê mos : 'dynamite comes in small packages'. Ek sien jy's ook al 30 weke. Dit voel vir my of die tyd stilstaan maak in werklikheid vlieg dit eintlik.

Momzee, geniet die vakansie, eks skoon jaloers :P .

Ek gaan volgende Saterdag weer dr toe, so dis nog 'n lang week se wag wat voorlê. Babsie het darem die afgelope twee dae bietjie meer beweeg. Dellie ons is nog nie seker of dit nou defnitief pienk is nie, maar as daar nou 'n ou peestertjie by geboorte uitdop dan moet hy maar tevrede wees met 'n paar pienk kleertjies :laugh:

Hoop julle het almal 'n lekker dag.

Me (38): PCOS, Anovulation, DH (32): Fine
Jun '12 - Sept '12: Metformin + 2 Rounds of 50mg Fertomid, BFP, @ 9 Weeks - Missed Miscarriage, D&C
Dec '12 - Apr '13: Meftormin + 50mg-150mg Fertomid, Last Round NO STIM
17 Jun '13: KI #1 = 5mg Femara + 250mg Ovitrelle, BFN
18 Jul '13: KI #2 = 5mg Femara + 250mg Ovitrelle, BPF, 14 Aug '13 Miscarriage @ 5.5 weeks
6 Oct ' 13: Miscarriage (Natural BFP)
24 Oct '13: Histeroscopy - All fine
25 Feb '14 - 5mg Femara & TI - BFP! Feeling so blessed!
14 Dec '15 - Blessed with a Natural BFP

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 3 months ago #249994 by Dellie
Hi Kayla - ja, ek sien die dr nou elke 2 weke. Ek gaan nou eers weer die 22ste. Ek het gister gebel om te
hoor of hulle my kan skuif sodat 'n ander dr my keiser doen. Hulle sal my teen volgende week laat weet omdat
daar een dr met verlof is. Ek moet nogstreeds my scans by hierdie dr doen.

Momzee - bly dit gaan goed met jou.

Lekker dag vir julle almal!

Me: 30 (PCOS)
DH: 31

TTC: Since September 2012
May 2013 – Fertomid - no follicles
June 2013 - Laparoscopy and Ovarian Drilling
Aug 2013 - 2.5mg Femara and Ovidrel (homeplan) - BFN
Oct 2013 - 2.5mg Femara, Menopur, Ovidrel (homeplan) - BFN

28 Oct 2013 - Move to a FS - Dr Johan Pentz

05.12.2013 - Femara, Gonal F, Lucrin - IUI - BFP 18 December 2013 Beta 127..So blessed!

3.01.2014 - first scan 6 weeks 1 day - one perfect heartbeat.
14.02.2014 - 12 week scan - absolutely perfect and all going well.
10.03.2014 - It's a little girl!

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 3 months ago #249988 by momzee
Hallo julle!!

Dit gaan nog heel goed diekant. Is lekker op vakansie en werk maar so tussen die skoolwerk deur aan die finale babakamer goedjies. Was laasweek vir my 30 weke 4D scan en sussie het toe al ongeveer 1.7kg geweeg. Sy is blykbaar so twee weke voor met haar groei. Gaan more weer gynae toe, dan weer oor twee weke en dan weekliks tot sy besluit om te arriveer!

Raak nou lekker ongemaklik met die pens en om te buk is ook 'n gymsessie op sy eie! En volgens almal dra ek klein so ek wil nie eers weet hoe voel dit vir memse met groter boepies nie!!

Sterkte verder vir almal!

[link=http://lilypie.com] [/link]
[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 3 months ago #249983 by kayla
Ai Dellie dit is vreeslik so na aan di einde. Hoop jy kry n nuwe dokter wat jou keiser sal doen. Ek dink ek moet my dokter vriendelik waarsku dat sy dit nie met my moet doen nie. Dis eintelik aaklik, jy bou n verhouding op met jou dokter en dan gebeur so iets. Sien jy jou dokter nou elke twee weke of wat? Ek sien myne weer op 32 weke en dan dink ek is dit elke twee weke tot 36 weke en dan elke week. Nee ons weet nog nie wat ons baba se naam gaan wees nie :whistle:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 3 months ago #249980 by Dellie
Hi Kayla - nee ek kan nou nie regtig se ek hou van die nuwe dr wat vir myne instaan nie - ek moet alles uit
haar trek. Sy weet ook nie hoe my dr se masjiene werk nie so nou is sy ekstra stadig. Sy het ook nie my cd
ingesit in die masjien nie so nou het ek nie fotos nie. Sy is ook so hardhanding en het omtrent die hele bottel
jel om my maag uitgespuit - toe ek opstaan is my klere besmeer van jel. Ek het vanoggend die ontvangsdames
gebel so hulle gaan my nou probeer plaas by 'n ander dr (wat dan net my keiser sal doen). Ek moet nogsteeds
die volgende 3 afsprake by hierdie dr laat doen. Maar ek wil nie he hierdie dr moet enigsens die sny werk doen
nie. Ten minste weet ek my babatjie is nog heel okey en dat sy mooi groei. My vrugwater is darm ook nog baie.
Sy skop en boks nie meer so baienou nie - ek dink die spasie raak maar min nou vir haar.

Het julle al 'n naampie vir boetie?

Bytjie - wanneer is jou volgende afspraak? Jy moet kom update - ons wil weet of dit blou of pienk is!

Me: 30 (PCOS)
DH: 31

TTC: Since September 2012
May 2013 – Fertomid - no follicles
June 2013 - Laparoscopy and Ovarian Drilling
Aug 2013 - 2.5mg Femara and Ovidrel (homeplan) - BFN
Oct 2013 - 2.5mg Femara, Menopur, Ovidrel (homeplan) - BFN

28 Oct 2013 - Move to a FS - Dr Johan Pentz

05.12.2013 - Femara, Gonal F, Lucrin - IUI - BFP 18 December 2013 Beta 127..So blessed!

3.01.2014 - first scan 6 weeks 1 day - one perfect heartbeat.
14.02.2014 - 12 week scan - absolutely perfect and all going well.
10.03.2014 - It's a little girl!

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 3 months ago #249972 by kayla
Ag nee Dellie, ek sou ook baie ongelukkig gewees het. Menslik is dit normaal om te dink "kon sy my nie vroeer gese het nie?" want met n drieling gaan jy altyd op bedrus van so vroeg soos 24 weke af. Maar sy is maar mens en soos ons komplikasies kry, kry hulle ook. Ek skei my dokter as sy dit met my doen. Ons het nog nie gepraat van datums nie, maar dit is verseker die eerste week van september. Ek is 38 weke die 7de wat n sondag is, toe se sy dit sal in daardie week wees. Jong, nou is ek paranoid dat my dokter dit aan my sal doen.

Dellie hou jy darm van jou nuwe dokter? Alhoewel dit nuut is, sal jy mos weet of jy met hom/haar kan saamwerk. Ek het 5 minute binne my eerste besoek geweet ek gaan van dokter verander, en ek het. Baie gelukkig nou met myne.

Bytjie, Lallie, Momzee, hoe gaan dit?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 3 months ago #249968 by Dellie
Hallo almal!

Kayla - ag moeder, hy is dan maar 'n klein outjie maar bly alles gaan goed. Ja nee, die UIF is nogal 'n
storie. Ek is ook besig met myne en wil teen volgende week klaarmaak met myne.

Hoe gaan dit met almal - julle moet bietjie kom update.

AFM - ek was gister by die vervangende dokter. My dr verwag 'n drieling en is op bedrus vir die res van haar
swangerskap so nou is ek oorgesit na 'n ander dr - ek is nie baie gelukkig nie want mens is mos maar gewoond
aan jou eie dr. Alles gaan sover goed - more is ek 33 weke. Poppie weeg nou 1.8kg en is sover gesond.Ek het
die naweek haar tassies klaar gepak en moet nou nog net myne uitsorteer. Keiser nogsteeds sover rondom die
20e Augustus.

Die tyd raak nou baie min en binnekort hou ons almal ons wonderwerkies vas!

xx

Me: 30 (PCOS)
DH: 31

TTC: Since September 2012
May 2013 – Fertomid - no follicles
June 2013 - Laparoscopy and Ovarian Drilling
Aug 2013 - 2.5mg Femara and Ovidrel (homeplan) - BFN
Oct 2013 - 2.5mg Femara, Menopur, Ovidrel (homeplan) - BFN

28 Oct 2013 - Move to a FS - Dr Johan Pentz

05.12.2013 - Femara, Gonal F, Lucrin - IUI - BFP 18 December 2013 Beta 127..So blessed!

3.01.2014 - first scan 6 weeks 1 day - one perfect heartbeat.
14.02.2014 - 12 week scan - absolutely perfect and all going well.
10.03.2014 - It's a little girl!

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account