More julle
Dankie Dellie, ek dink hulle sms jou om jou sak te gaan haal. Ek is tegnieg volgende week woensdag 3de trimester, so sal wag tot so 30 weke en gaan hoor. Ons shop baie daar, ek kort n VIP pass. Ek sien my dokter met 30 weke. Ek hoop sy sal dan vir my die keiser datum gee. Sy het ook niks al gese om my bed te boek nie. Ek wil dit ook nou begin afhandel. Tyd raak nou min.
Sjoe Baby, kan nie glo jy is nou al so naby nie. Persoonlik sou ek my dokter aanrand as sy besluit om te gaan holiday so op my keiser datum

Sterkte vir jou nerves.
Bytjie, hoe gaan dit daar?
Momzee, lallie, en al die ander, ons verlang.
Wie van julle gaan vir antenatal klasse? Ons het nog nie besluit of ons dit gaan doen nie, die program is baie natuurlike geboorte georienteerd en my hart is al klaar so seer dat my dokter nie wil he ek moet normaal kraam nie.
Lekker dag vir julle, ek is so bly dit is amper vrydag. Die dae raak nou lank. Ek kan nie wag om ons prins vas te hou nie, so ek steel baie tyd van die werk af om te droom oor ons klein man se koms