heart gesels saam op die pad na geboorte

12 years 4 months ago #249299 by kayla
Hello julle

Dankie vir almal se ondersteuning. Dit was maar n moeilike tyd. Het gister die dokter se groen vlag gekry dat ek terug werk toe kan gaan. YEAH! Ek is nou net so oor die 25 weke. Dokter wil hom nog n klein rukkie hier binne hou, hy is boderline lewensvatbaar. Nog n paar weke en dokter smile. Darm is als toe wat toe moet wees, geen meer bloeding nie en babsie skop soos naas botha. Shame, hy wou kom hello se sonder n naam. Ons sukkel nog met die regte naam.

Momzee, hoeveel weeg jou kleintjie? Ons sn weeg nou net so oor die 600 gram. Weet een van julle wat is die normaal? My dokter se nie veel oor sy gewig nie.

Sjoe Dellie, tyd staan vir niemand stil nie. Sterkte met die 4D, hoop baba le mooi stil.

Bytjie, ek het ook eers met die 20 weke scan uitgevind dit is n bloue, glo jy sal dan uitvind.

Stella en Tanya dankie dat julle die fototjies met ons deel, dis precious.

Joans jou 9 weke scan lyk baie mooier as myne.

Al die ander, HELLO

Ek het n vragie, het julle ook baie drukking op jou blaas, dit voel asof die baba wil uitval? Veral as ek te lank staan.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 4 months ago #249293 by TanyaS
hello almal :)

bly om te sien dit gan nog goed met almal :)

Stella, ek kan nie glo hy is al 2 maande oud nie! die tyd vlieg omtrent

Dellie, amper tyd vir jou, voor jy jou oe uitvlieg is babatjie hier.

Kayla, jy moet mar dinge stadig vat en rus. ek is bly alles is nou ok met julle twee.

my bloeddruk het ook die hoogtes ingeskiet en op die ou einde moes hulle haar met n keiser uithaal op 37 weke, so rus mar goed :)

ek het uiteindelik n paar fotos om op te laai

geniet julle dag!

welkom an al die nuwe mamma to be's :)
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 4 months ago #249292 by momzee
Goeie more almal!!

26 weke vandag en die kleintjie is so woelig soos nog iets!! By tye is haar skoppe/slane nogals seer en dan wonder ek as dit nou al so voel, hoe gaan dit later voel :pinch:

Het die dok laas gevra wanneer begin mens se derde trimester nou eintlik, toe se sy dit is wanneer die baba lewensvatbaar is, so dit wissel so half van mens tot mens. Omdat ons enetjie so groot en sterk is, is ek dan nou amptelik derde trimester!! Nog net 98 daggies voor ons meisiekind gebore word!! :woohoo:

Om te buk raak al hoe moeiliker en die lyf raak al lekker seer, veral oor my heupe en lae rug, maar ek sal dit vir niks verruil nie!

Lekker dag almal!!

[link=http://lilypie.com] [/link]
[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 4 months ago #249285 by Bytjie
Mommyme, ek ken daai gevoel, daar's nog net 'n week oor voor my afspraak en dit voel asof die tyd stilstaan :blink:

Joans, jul babatjie groei mooi. Yip eks nou in die tweede trimester,amper 18 weke, maar het nog nie baba voel beweeg nie. Ek lees op die internet mens moet saans op jou linkersy lê en na 'n tyd sal jy baba voel beweeg, maar ek raak elke keer aan die slaap :blush: Jys gelukkig met jou dr famillie wat so lekker vir jou die scans doen, wens ek kon elke week gaan maar nou ja.

Ek sal seker eers heeltemal ontspan as ons kleinding gebore is. Ons het ook nie die 12 weke down's scan gedoen nie maar gaan wel vir die 20 weke anatomie scan, sal seker volgende week hoor wanneer ons moet gaan. En ek kan ook nie wag om die geslag uit te vind nie.

Me (38): PCOS, Anovulation, DH (32): Fine
Jun '12 - Sept '12: Metformin + 2 Rounds of 50mg Fertomid, BFP, @ 9 Weeks - Missed Miscarriage, D&C
Dec '12 - Apr '13: Meftormin + 50mg-150mg Fertomid, Last Round NO STIM
17 Jun '13: KI #1 = 5mg Femara + 250mg Ovitrelle, BFN
18 Jul '13: KI #2 = 5mg Femara + 250mg Ovitrelle, BPF, 14 Aug '13 Miscarriage @ 5.5 weeks
6 Oct ' 13: Miscarriage (Natural BFP)
24 Oct '13: Histeroscopy - All fine
25 Feb '14 - 5mg Femara & TI - BFP! Feeling so blessed!
14 Dec '15 - Blessed with a Natural BFP

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 4 months ago #249283 by Joans
Goeie more dames!

Eerstens geluk Stella! Baba is beautiful!!!! Hoop die slaap patrone raak gou beter, en geniet dit!

Dellie, bly dinge lyk goed, ek is seker die 4D scan gaan pragtig wees! Hoor net goeie dinge, dis amazing dat mens nou so baie kan sien van jou baba. Hoop die rugpyn en sooibrand hou nie so aan nie, wat ons nie alles maar hanteer ter wille van die pienkvoete nie!

Bytjie hoe gaan dit nog met jou swangerskap? Jy is nou in jou tweede trimester reg? Ek kan nie wag dat my eerste trimester verby is nie, dan kan mens bietjie ontspan en geniet voor mens ook te groot en seer raak :P

AFM: ek het gister my tweede scan gehad op 9weke 4dae, (ek is maarnet te lucky met my dokter wat familie is, en boonop is sy nog regtig een van die beste!) en my kleinding groei so vinnig dat die rekenaar nou begin baie uit raak met hoeveel weke hy eintlik is! Het so oulik vir ons perform, vreeslik woelig al! Hierso is my kiekies:




dan gaan ek in twee weke vir my groot scan, waar hulle kyk vir enige tekens van downs of sulke probleme, kan nie wag dat dit ook nou verby moet wees nie, want dan kan ek rustig slaap dat babs gesond en normaal is, en hoef hy/sy ook nie meer so geheim gehou te word nie! Daars ook 'n groot kans dat ons die geslag kan uitvind dan, so dis baie exciting!

Maar ja, dis al my nuus. Lekker dag dames!

Married DH 26 April 2014

Unexpected BFP 12 May 2014

Due date: 1 January 2015

[link=http://lilypie.com] [/link]
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 4 months ago #249275 by MommyMe
haha ja Bytjie nogal baie waar ne :laugh:

Ek het gewoonlik baie geduld,maar nie die keer nie. wil net confirm als is reg en babatjie groei mooi. :cheer:

Twin angel baby girls born and went to heaven


File Attachment:


File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 4 months ago #249274 by Bytjie
Mommyme, hier's jy alweer in die TWW :P

Me (38): PCOS, Anovulation, DH (32): Fine
Jun '12 - Sept '12: Metformin + 2 Rounds of 50mg Fertomid, BFP, @ 9 Weeks - Missed Miscarriage, D&C
Dec '12 - Apr '13: Meftormin + 50mg-150mg Fertomid, Last Round NO STIM
17 Jun '13: KI #1 = 5mg Femara + 250mg Ovitrelle, BFN
18 Jul '13: KI #2 = 5mg Femara + 250mg Ovitrelle, BPF, 14 Aug '13 Miscarriage @ 5.5 weeks
6 Oct ' 13: Miscarriage (Natural BFP)
24 Oct '13: Histeroscopy - All fine
25 Feb '14 - 5mg Femara & TI - BFP! Feeling so blessed!
14 Dec '15 - Blessed with a Natural BFP

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account