heart gesels saam op die pad na geboorte

12 years 4 months ago #249096 by Bytjie
Nog niks nie Kayla, ek wag maar in spanning vir daai eerste fladderings.

Ek het chroniese hoë bloeddruk en het ook altyd fine gevoel, geen hoofpyne, duiseligheid niks nie. Totdat die dag wat ek uitgevind het. Die dr het gesê as ek daai tyd 'n hartaanval sou gekry het dan was dit op die plek rus vir my. Probeer asseblief om nie te veel te stres oor die spuite nie, 'n vriendin van my het vroeg in kraam gegaan. Hulle kon dit gelukkig stop maar sy het ook spuite gekry om die kleintjie se longetjie sterk te maak en vandag is haar dogtertjie amper drie en soos 'n regte groot ou klein mensie. 'n Mens sal nie sê sy is vroeggebore nie. Dis beter as jou dr maar liewers voorsorg tref as wat julle onkant betrap gaan word.

Ek hoop kleintjie klou tot en met sy datum wat hy moet kom.

Me (38): PCOS, Anovulation, DH (32): Fine
Jun '12 - Sept '12: Metformin + 2 Rounds of 50mg Fertomid, BFP, @ 9 Weeks - Missed Miscarriage, D&C
Dec '12 - Apr '13: Meftormin + 50mg-150mg Fertomid, Last Round NO STIM
17 Jun '13: KI #1 = 5mg Femara + 250mg Ovitrelle, BFN
18 Jul '13: KI #2 = 5mg Femara + 250mg Ovitrelle, BPF, 14 Aug '13 Miscarriage @ 5.5 weeks
6 Oct ' 13: Miscarriage (Natural BFP)
24 Oct '13: Histeroscopy - All fine
25 Feb '14 - 5mg Femara & TI - BFP! Feeling so blessed!
14 Dec '15 - Blessed with a Natural BFP

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 4 months ago #249093 by kayla
Joan, welkom hier, ek glo jy gaan baie lekker klets saam ons.

Hello al die ander. Hoe gaan dit?

Naomi voel jy al die vlinders in jou maag? Die een van my skop vir naas botha.

AFM: Baba is springlewendig en gesond. Ek het net n bietjie hoe bloeddruk en dokter is bekommerd dat ek simptome wys van preeklampsia. Sy gaan vir my op 30-32 weke kortisoon spuit net as die bloeddruk nie hom self gedra nie en baba moet uit. Dit was vir my n groot skok want ek voel 100% gesond. Vanoggend is my bloeddruk weer normaal. Ek sal maar moet knyp want die baba mag nie vroeg kom nie, my kraamverlof begin 1 September en keiser is so teen 5de September.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 4 months ago #249090 by Bytjie
Hallo almal,

Welkom Joans, geluk met jou swangerskap. Ek het die eerste klompie weke al saans halfagt geslaap :blush:

Kayla, ek kan ongelukkig nie met slaapposisies help nie. Maar ek slaap op my linker-, regtersy en partykeer skrik ek in die nag wakker en dan het ek op my rug gelê. Hoe gaan dit met die gesondheid?

Dellie, het jy toe jou hare gekleur?

Ek hoop dit gaan goed met die ander mommies to be.

Julle moet almal 'n lekker week hê dames.

Me (38): PCOS, Anovulation, DH (32): Fine
Jun '12 - Sept '12: Metformin + 2 Rounds of 50mg Fertomid, BFP, @ 9 Weeks - Missed Miscarriage, D&C
Dec '12 - Apr '13: Meftormin + 50mg-150mg Fertomid, Last Round NO STIM
17 Jun '13: KI #1 = 5mg Femara + 250mg Ovitrelle, BFN
18 Jul '13: KI #2 = 5mg Femara + 250mg Ovitrelle, BPF, 14 Aug '13 Miscarriage @ 5.5 weeks
6 Oct ' 13: Miscarriage (Natural BFP)
24 Oct '13: Histeroscopy - All fine
25 Feb '14 - 5mg Femara & TI - BFP! Feeling so blessed!
14 Dec '15 - Blessed with a Natural BFP

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 4 months ago #249089 by Joans
Haai julle!

Ek is nuut op die forum, en nou 8 weke swanger. Eerstens, congrats vir almal! Baie babydust wat hierso gebeur het!

Dokters het vir my en DH gese ons gaan vreeslik sukkel omdat DH se morfologie op 2% is, so ons is bitterlik dankbaar en opgewonde dat ek onbeplan sommer 2 weke voor die troue al swanger geword het (gladnie geweet tot na die honeymoon). Dit was nogals vroeg, ons het klaar vroeg getrou (ek is 23, DH 27) maar soos ek se, ons het baie gou besef dat dit maar meant to be is en al voel ons heel onvoorbereid is ek seker meeste ouers voel so met die eerste baba!

Ek lei maar onder die eerste trimester simptome, elke dag lekker naar, maar hou darem altyd my kos af, en kan dit skaars verby 9uur in die aand maak, net te moeg!

In elk geval, wou net hello se en voospoed! Bid hierso sal net gesonde babas wees!

:heart:

Married DH 26 April 2014

Unexpected BFP 12 May 2014

Due date: 1 January 2015

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 4 months ago #249039 by kayla
Hi Dellie

Ek het al by baie mense gehoor dit is ok om jou hare te kleur, maar my haarkapper het gese dat partykeer a.g.v al die hormone kom die kleur nie reg uit nie. Ek dink natuurlik dit is meer as jy drasties jou kleur verander. Ek is ook lus om my hare te kleur, maar my hare is so droog en grasserig van dat ek swanger is. Soos baie dames hulle pregnancy glow kry en gesig mooi glad is en hare blink het ek die teenoorgestelde reaksie. Vel is vol puisies en merke, hare is kurkdroog en gebreek en ek voel regtig nie sparkling nie.

Wat betref die slaap, my maag is nog redelik klein so ek slaap so half op my maag half op my sy. Ek wurm die kussing in onder die sy wat ek op le. Ek het n preggie pillow by iemand gekry en dit is so vrek ongemaklik die kussing werk beter.

N vragie vir almal. Hoe belangrik is dit om net op jou linger sy te slaap? Ek slaap nog aan albei kante en ook op my rug.

Lekker naweek julle. Nog net 3 en n half ure. Was n laaaang week...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 4 months ago #249038 by Bytjie
Minki, jou seuntjie is pragtig en hy het darem 'n paar lekker groot hande.

Dellie, ek het verskriklik baie grys hare en ek het al twee keer my hare gekleur in die tyd dat ek swanger is. Ek het maar net gesorg dat ek dit doen waar ek baie vars lug kry. Maar ek het glad nie my dr daaroor uitgevra nie. Ek het wel my vingers afgegoogle en baie teenstrydig gekry en op die eind van die dag dink ek dis maar 'n persoonlike besluit

Mommyme, kan jou ongelukkig nie help nie. Het net gehoor dr van Waart is baie goed maar ook baie duur.

Momzee, ek het chroniese bloeddruk en gebruik al van die begin af Adalat XL en die dr is baie tevrede my bloeddruk. Hoop joune word beter.

Me (38): PCOS, Anovulation, DH (32): Fine
Jun '12 - Sept '12: Metformin + 2 Rounds of 50mg Fertomid, BFP, @ 9 Weeks - Missed Miscarriage, D&C
Dec '12 - Apr '13: Meftormin + 50mg-150mg Fertomid, Last Round NO STIM
17 Jun '13: KI #1 = 5mg Femara + 250mg Ovitrelle, BFN
18 Jul '13: KI #2 = 5mg Femara + 250mg Ovitrelle, BPF, 14 Aug '13 Miscarriage @ 5.5 weeks
6 Oct ' 13: Miscarriage (Natural BFP)
24 Oct '13: Histeroscopy - All fine
25 Feb '14 - 5mg Femara & TI - BFP! Feeling so blessed!
14 Dec '15 - Blessed with a Natural BFP

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 4 months ago #249037 by Dellie
Hallo almal!

Minki - ag my moeder. Jou mannetjie is die mooiste ou dingetjie! Jy moet hom sommer vreeslik baie geniet. Ek
is bly jou geboorte proses het so goed verloop!

Mommyme - baie baie geluk met jou swangerskap!

Bytjie - ek hoop regtig babatjie sal haar/sy beentjie die volgende keer mooi oopmaak. Bly alles gaan goed.

Hallo kayla, Rakker, Momzee!

AFM - nie veel nuus nie. Ook besig met my UIF goedjies. Ek kry net 75% van my salaris en moet die res by
UIF eis. Ek het darm al voorsiening gemaak want ek weet mens kry minder uit. Ek wil probeer om my UIF
uit te sorteer teen einde Junie. Dan is ons maar opsoek na kleuterskole - het al 2 besoek waarvan ons
hou maar gaan nog 'n paartjies besoek en dan maar besluit - Sy moet Januarie skooltjie toe gaan.

Ek begin nou baie ongemaklik slaap - as ek ooit slaap! Ek staan in die oggende op met 'n vrugpyn..ek
het al probeer om met 'n kussing tussen my bene te slaap (wat wel bietjie help) maar sukkel om heelaand
net op my sye te slaap. As ek op my rug le, dan raak my bene seer..Sukkel julle ook so?En op hierdie
stadium slaap my man ook nie veel nie want ek rits te veel rond op die bed in die aand!

Verder kan ek nie kla nie en voel wonderlik.

Wie van julle kleur julle hare terwyl julle swanger is? Ek wil so graag maar my dr is nie baie gelukkig daarmee
nie - sy se ek mag glad nie kleur nie?

Lekker dag almal!

xx

Me: 30 (PCOS)
DH: 31

TTC: Since September 2012
May 2013 – Fertomid - no follicles
June 2013 - Laparoscopy and Ovarian Drilling
Aug 2013 - 2.5mg Femara and Ovidrel (homeplan) - BFN
Oct 2013 - 2.5mg Femara, Menopur, Ovidrel (homeplan) - BFN

28 Oct 2013 - Move to a FS - Dr Johan Pentz

05.12.2013 - Femara, Gonal F, Lucrin - IUI - BFP 18 December 2013 Beta 127..So blessed!

3.01.2014 - first scan 6 weeks 1 day - one perfect heartbeat.
14.02.2014 - 12 week scan - absolutely perfect and all going well.
10.03.2014 - It's a little girl!

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account