Hi julle!
Wil sommer gou inloer en kom hallo se

Ek hoop dit gaan sommer baie goed met julle almal!!
Dinge gaan baie goed hier en ek is so dol verlief op my ou mannetjie. Hy tel so mooi al klaar gewig op en hy is die rustigheid vanself! Ons moet bietjie koes en keer met sussie wat bietjie hardhandig is! Sy wil hom net dood druk!

Die kraam het baie goed gegaan en ek sal BESLIS die vroedvrouens en hypnobirthing vir almal aanbeveel! Ek WENS ek het dit geweet met my dogtertjie ook!!
Ek het 11 Mei so 15:00 begin vermoed dat my Braxton Hicks dalk nie meer net oefen kontraksies is nie, maar was nog nie seker nie. Ek was maar vroeg in die bed en hier by 21:00 kon ek nie meer slaap nie en was baie seker dat dit wel regte kontraksies was! Ons het rondom 2am birthing centre toe gery. Die hypnobirthing het so great gehelp om deur al die kontraksies te breeze! Ek kon nie glo dat ek nog in die bad gesit het en grappies maak op 10cm ontsluit nie!! Ongelukkig tydens die kraam, het klein Pierre besluit om posterior te draai

Niemand het my gese nie, want hulle wou natuurlik nie "discourage" op daai stadium nie, maar ek kon voel hy wil nie sak nie en die druk deel was heelwat moeiliker en seerder as met my dogtertjie (wat perfek gele het). Agv die posterior posisie was daar ook baie intense rugpyn betrokke (wat ek ook nie met my dogtertjie gehad het nie), so ek kon voel iets was nie reg nie. Ek kon dus nie in die water bly nie, en het op die ou einde op n birthing stool gesit sodat swaartekrag so bietjie kon aanhelp. Op daai stadium was ek al so moeg en seer dat ek net gedruk het sonder ophou - die druk het die pyn weggevat! Net toe ek dink ons gaan moet forceps gebruik toe skiet seuna uit soos n pyl uit n boog! haha! Daar was niks van kroon en dan eers skouers nie. Die oomblik was so groot en emosioneel, ek en manlief het net begin huil van blydskap en verligting!! Alhoewel die kraam heelwat seerder was as my eerste, was dit nie naastenby traumaties soos die vorige keer nie! Dit was die ongelooflikste ervaring wat ek nie eers in woorde kan beskryf nie! Ek is nogsteeds op 'n wolkie van endorphins!!

Ek dink dit het ook gehelp dat ek die keer nie "hoog" was op medikasie (soos pethidine die vorige keer) nie en dat die atmosfeer so rustig en kalm was en die vroedvrouens so ondersteunend en fantasties! Ek was nooit gese wat om te doen nie. Ek was nooit forseer om te "check" hoe ver ek ontsluit is nie - alhoewel sy aanbied en jy kan nee se. Hulle gee nie om om vir ure net daar te wees en rustig te bly totdat jou liggaam reg is vir aksie nie. Ek dink dit moes seker die beste dag van my lewe gewees het en ek sou dit glad nie anders wou he nie!!
Sterkte vir al julle dames met julle swangerskappe verder! Ek bid vir julle dieselfde ongelooflike ervaring toe as wat ek gehad het! Dit is SO n blessing wanneer daai bondeltjie lewe eers in jou arms is en gesond en perfek is! Ek kon 4ure na sy geboorte al huistoe gaan!