Hello julle almal
Hoe gaan dit?
Minkie, enige nuus? Het baba al gekom?
Dellie hoe het jou afspraak toe gegaan nou die dag?
Bytjie hoe gaan dit daar? Jy is seker al in jou tweede trimester?
Al die ander, hello! Kom update as daar iets nuuts is, ek weet op die stadium is meeste van ons tussen niks en nerens en wag maar net tot die volgende sonar.
AFM: Die anomaly scan was perfect, babsie het niks defekte gewys nie en dokter is baie tevrede met al sy organe, tone, vingers en lippies. Hy het my nie gese wat my bloedtoetse was nie, maar ek neem aan dis normaal. Al is dit nie normaal nie, die scan was 100% normaal. Hy was ook nie my eie gynea nie, hy is n fetal maternal spesialis wat die scan vir ons gedoen het, so ek wou nie te veel vrae vra nie. Hy was ook nie baie spraaksaam nie. Hy het wel vir ons gese dat dit n
SEUNTJIE is

alhoewel hy nou nie vir ons die goodies gewys het nie, vat ek maar sy woord op dit. Sien my gynea weer die 24ste Mei