heart gesels saam op die pad na geboorte

12 years 3 months ago #248853 by momzee
Goeie middag dames!

Ek post gewoonlik op die September/October topic, maar het besluit om bietjie hier ook te kom gesels.

Ek is 23 weke en 1 daggie swanger met 'n dogtertjie. Manlief en ek is uit ons velle van opgewondenheid en die babakamer is al klaar reg vir Miané se koms.

Ek het op 20 weke gegaan vir die abnormality scan en dit was ongelooflik! Alles is 100%, maar sussie is maar skaam... Sodra ons haar gesiggie wil sien, draai sy haar koppie weg. Dit is rtegtig ongelooflik om alles so in detail te sien van die toontjies tot die werking van die plasenta, naelstring, niertjies ens.

Ek gaan Maandag weer na my gynae en dan is ek basies 24 weke.

Sy is ook verskriklik besig!! Ek voel beweging al van 16 weke af (dis my eerste swangerskap) so of ek is baie gevoelig vir haar beweging, of sy beweeg net sterk. Die afgelope week of so beweeg sy net al hoe meer en sterker en sy is glad nie skaam om te skop en slaan nie. Dink sy gaan 'n karateka wees! By die vorige scan het ek vir die sonograaf gese die babatjie skop al heeldag op my blaas, en toe sy kyk, toe se sy nee, sy slaan jou op die blaas!

Gister het my hokkie span gespeel en sy het so geskop terwyl ek geumpire het dat ek later ongemaklik gevoel het. Die geraas en stres was seker maar te veel vir haar...

Lekker dag verder vir almal!!

[link=http://lilypie.com] [/link]
[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 3 months ago #248843 by kayla
Hello julle

Sjoe almal is so still. Is dit net dol by die werk (soos met my) of is daar nie regtig enige nuus nie (soos met my ook). Meeste van ons is nou in ons tweede trimester. Dit is soos almal se die beste en mees onopwindendste

Minki, babsie nog nie hier nie?

Geniet julle woensdag

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 3 months ago #248776 by Dellie
More almal!

Hoop dit gaan goed met elkeen van julle xx

Hallo Lalie12 - dis lekker om van jou te hoor! Jy kan meer kom post..!

Kayla - ek is bly jy vra oor die borspomp:

Is elektries beter as manual?
Watter "brand" is die beste?

Lekker week vir julle
xx

Me: 30 (PCOS)
DH: 31

TTC: Since September 2012
May 2013 – Fertomid - no follicles
June 2013 - Laparoscopy and Ovarian Drilling
Aug 2013 - 2.5mg Femara and Ovidrel (homeplan) - BFN
Oct 2013 - 2.5mg Femara, Menopur, Ovidrel (homeplan) - BFN

28 Oct 2013 - Move to a FS - Dr Johan Pentz

05.12.2013 - Femara, Gonal F, Lucrin - IUI - BFP 18 December 2013 Beta 127..So blessed!

3.01.2014 - first scan 6 weeks 1 day - one perfect heartbeat.
14.02.2014 - 12 week scan - absolutely perfect and all going well.
10.03.2014 - It's a little girl!

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 3 months ago #248752 by Lalie12
Middag Dames!

Ek "roofkyk" nog na elke liewe post! Baie geluk Kayla! <3

Bytjie - My dr het my ook nie gestuur vir die NT scan nie, ek het wel vir al daardie bloedtoetse gegaan om te kyk wat is die % van Downs. My Dr is ongelooflik eerlik en het my dadelik gevra - Wat gaan jy doen as jy wel uitvind die baba Downs het? Gaan jy regtig aborteer? Dit laat 'n mens dink.. Ek weet nie of ek sal kan nie.

Ek was gister vir my 17 weke scan - Baba groei mooi weeg al 175g & is al 14cm lank, ongelukkig op sy/haar pensie gele so hyt net so snaakse foto gekry van die boudtjies.. En dit lyk asof dit miskien 'n dogterjie kan wees... Hyt het gese ek moet nog nie die baba kamer verf nie. So ek wag nog in spanning!

Minki - Sterkte met die laaste stretch! Ek is oop by Femina - Beplan om natuurlik te kraam met 'n epidural. Dit is as my Dr dit toelaat. Omrede ons solank gesukkel het, en na 2 onsuksesvolle IVF's net spontaan swanger geraak het, kyk hy ekstra spesiaal na hierdie baba.

Vir al die Mamma geniet Moedersdag! Hoop julle word bederf vir alles wat julle doen! En sommer vir die res van ons wat eerste keer Mamma's word, ek hoop julle mans bederf julle sommer ook!

Ek heg 'n foto van ons "potty Shot"

Lalie x

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 3 months ago #248722 by kayla
More julle

Minkie bly boeta klou nog, maar ek is seker jy kan nie meer wag nie.

Bytjie, ek het ook nie n spesiale NT scan gehad nie, maar my gynea het als gemeet en als het reg gelyk. Ek dink hulle sal iets se as daar kommer is. Maar die 20 weke scan was amazing. Die dokter het na alles gekyk. Jy sal sien wanneer jy daar is. Jy is seker meer rustiger nou dat jy oor die 12 weke merk is?

Dellie die 20 weke scan was so duur gewees en hy het dit in 2D, 3D en 4D gedoen, alhoewel baba teen die plasenta was kon ons so klein bietjie van sy gesig sien. Ons glo nie ons gaan vir nog een nie (tensy n gawe persoon dit vir ons sponsor :silly: ). Anders sal ek eers so op 28-30 weke gaan.

Julle ek wil julle vra, ken iemand die tommee tippee elektrise borspomp? Ek wil uitsluitlik borsmelk gee en soek n pomp net vir die noodgevalle.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 3 months ago #248720 by Bytjie
More, dames. Ek sien dit gaan baie goed met jul almal.

Tanay, baie baie geluk met die geboorte van jul dogtertjie. Sy was mooi groot vir 'n 37 weke baba. My een vriendin se dogtertjie is ook op 37 weke gebore en sy her maar 2.2kg geweeg. Hoop sy bring vir julle baie vreugde en geluk.

Minki, eks bly boeta klou nog en geniet die rus as jou maternity leave begin.

Dellie, sjoe is jy alweer 6 maande, die tyd het darem gevlieg. Dit klink of jy nog jou swangerskap sover geniet. En ek hoop die tyd vlieg om na jou volgende sonar.

Kayla, baie geluk met span blou. Het jy al 'n hond uit 'n bos gekoop :P . Bly jou scan het goed afgeloop en als lyk mooi. En ook dat jou gesondheid nog mooi saamspeel.

AFM - was gister 14 weke en ek het weer oor twee weke 'n afspraak. Als lyk nog sover goed en die baba groei mooi. Ek het nie vir die NT scan gegaan nie maar ek gaan vir die 20 weke scan.

Julle dames moet 'n lekker naweek het.

Me (38): PCOS, Anovulation, DH (32): Fine
Jun '12 - Sept '12: Metformin + 2 Rounds of 50mg Fertomid, BFP, @ 9 Weeks - Missed Miscarriage, D&C
Dec '12 - Apr '13: Meftormin + 50mg-150mg Fertomid, Last Round NO STIM
17 Jun '13: KI #1 = 5mg Femara + 250mg Ovitrelle, BFN
18 Jul '13: KI #2 = 5mg Femara + 250mg Ovitrelle, BPF, 14 Aug '13 Miscarriage @ 5.5 weeks
6 Oct ' 13: Miscarriage (Natural BFP)
24 Oct '13: Histeroscopy - All fine
25 Feb '14 - 5mg Femara & TI - BFP! Feeling so blessed!
14 Dec '15 - Blessed with a Natural BFP

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 3 months ago #248715 by minki.vandriel
Hi julle almal!

Skies eks so stil. Dinge gaan so lekker dol die kant - dis asof almal by die werk nou skielik wakker skrik met hulle deadlines net voor my maternity leave! Ek is sommer vol gebook nog tot na my due date net ingeval boetie nog klou. Boeta klou nog lekker. Ek is darem bly ek kon my 39 weke lyn woensdag haal - nou is dit net die groot wag! Maar ek moet se, dis asof ek oornag begin 9 maande swanger voel het.. SOOO moeg en swaar ewe skielik. Maar met sussie wat so bedrywig is en ons deur die nag wakker hou is ek nie aldag seker of ek wil he boetie moet nog eerder bietjie klou of nou uitkom nie.. haha!

Tanya - wow! baie geluk!! Ek kan nie glo sy is so stewige gewiggie op 37 weke nie, dis great nuus! Ek is bly julle altwee is okay en dat dit goed gaan! Ek hoop jy geniet elke oomblik van mamma wees - dis net amazing! Is sy darem nie koliekerig en so nie? Hoe gaan dit met borsvoeding?

Dellie - ek is bly dit gaan goed met julle! Janee.. daai skoppies is verseker iets wat ek die meeste gaan mis! Veral ook omdat ek weet dis nou my laaste swangerskap :(

Kayla - Yay! So bly julle kon uiteindelik sien wat dit is! Baie geluk met julle bulletjie!! Gaan so lekker wees vir jou om nou te begin regmaak. En ja.. dis nogal iets wat niemand vir jou vooraf se nie.. dis NIE net jou maag wat groter word nie! Hierdie rondte was bietjie beter as met my vorige swangerskap.. maar ek kon naderhand nie eers meer my broeke oor my bo-bene kry nie, nevermind my boude! Maar as jy borsvoed verloor jy RERIG gou al daai gewig. Ek het binne die eerste paar weke chop chop terug gekrimp!

Stella - Ek hoop ons hoor darem weer van jou deur jou crazy mamma skedule! So nuskierig oor hoe dit gaan met julle 2!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account