heart gesels saam op die pad na geboorte

12 years 5 months ago #248417 by minki.vandriel
Dellie - wow, dit klink amazing.. hoe registreer mens op "mom 2 be"?? Vir UIF; jy kan nou al Life's Miracles kontak ook as jy wil - hulle email sommer vir jou al die dokumentasie, so dis darem nie nodig om dit te gaan haal nie. Jy gaan dit net moet aflewer, want die ingevulde vorms wil hulle die originals he en nie mails nie :(
Wat klasse betref; in my opinie vind mens BAIE baat by enige informasie. Ek was vir klasse voor my 1ste geboorte en voel ek was nogsteeds nie ingelig genoeg nie! Hoe meer kennis jy het oor wat om te verwag en wat gaan gebeur, hoe meer positief die geboorte dag (in my opinie) :) Hulle verduidelik onder andere ook vir jou mooi wat presies gebeur tydens kraam en watter spiere doen wat en hoekom ens. , wat die hospitaal toere nie vir jou se nie. Maar dan weer; ek het SO BAIE geleer (veral oor onnodige medical intervention) by my Hypnobirthing klasse hierdie keer wat die hospitaal klasse ook nie vir jou se nie!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 5 months ago #248416 by Dellie
Ja Kayla kan jy glo dis nog net 4 maande! Tyd vlieg verskriklik vinnig verby :laugh:

Dankie Minki - ek gaan dan sommer Mei maand die vorms kry en begin invul - ek sal dan in Junie die bank
goedjies doen. Ek hoop boetie klou!

Julle, ek het deur my mediese fonds geregistreer op "mom 2 be" en toe kry ek by Dischem 'n kaartjie wat ek
kan gebruik en spesiale afslae kan kry op baba goedjies. Dan in my 3e Trimester, kry ek ook 'n sak met goodies
in asook 'n "toy storage box". Maar ek hoef nie 'n sekere bedrag te spend nie?

Deur net my bed te geboek het by Unitas, het ek die 4D verniet gekry en kry dan ook 'n sak met goedjies in
die dag as ek ingaan.

Dink julle pre-natal klasse is noodsaaklik? Hulle het ons gevra of ons dit wil doen maar het nog nie besluit nie -
Die susters wys mens mos mooi in die hospitaal wat om te doen die dag as babatjie eers daar is?

Me: 30 (PCOS)
DH: 31

TTC: Since September 2012
May 2013 – Fertomid - no follicles
June 2013 - Laparoscopy and Ovarian Drilling
Aug 2013 - 2.5mg Femara and Ovidrel (homeplan) - BFN
Oct 2013 - 2.5mg Femara, Menopur, Ovidrel (homeplan) - BFN

28 Oct 2013 - Move to a FS - Dr Johan Pentz

05.12.2013 - Femara, Gonal F, Lucrin - IUI - BFP 18 December 2013 Beta 127..So blessed!

3.01.2014 - first scan 6 weeks 1 day - one perfect heartbeat.
14.02.2014 - 12 week scan - absolutely perfect and all going well.
10.03.2014 - It's a little girl!

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 5 months ago #248413 by kayla
Ag nee Minki

Hoop boeta hou nog styf vas. Sterkte

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 5 months ago #248408 by minki.vandriel
Haha! Janee.. daai 4D's is lekker duur!

Wilgers se pakket sluit nie 4D in nie, so ek het betaal om op 28 weke te gaan. Toe ek (rondom 31 weke) skuif Femina toe, gee hulle darem 'n free 4D by. So ek het weer gegaan vir n 4D, maar baba was toe klaar te groot en ons kon rerig niks sien nie.
Ek moet darem se, n GROOT voordeel van Femina is dat al die kamers in die maternity ward privaat is. So ek hoef glad nie 'n kamer met iemand te deel nie :) By Wilgers was ek in 'n "communal ward". Dis nou AS ek besluit om oor te bly.. ek hoor baie mammas wat natuurlik kraam by die active birth unit besluit om dieselfde dag al huistoe te gaan! Sal maar moet kyk hoe dinge loop!

Bid net asb dat ek nie voor Sat. in kraam gaan nie! My man is in Ghana vir werk :( En ek is reeds 37 weke vandag.. mens weet nooit! :unsure:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 5 months ago #248407 by kayla
Ag nee Minki, dis lelik van Femina.

Ek gaan by mediclinic en ons kry ook n lekker baba sak. Van wat ek hoor is dit baie oulik. Ek weet nou nie van die bed booking nie, sal so teen 25-30 weke boek wanneer ons die voorgeboorte klasse gaan doen. Medi clinic is die oulikste hospitaal by ons, maar hulle gee jou die minste :cry:

Hulle kan gerus n 4D ingooi :whistle:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 5 months ago #248406 by minki.vandriel
Wow dit klink great! Dankie Kayla! Ek gaan beslis so maak en jou laat weet.

Janee dis so maklik om R300 te spandeer op baba goed! Dis omtrent wat 'n pak doeke kos! En ek koop nog baba goed vir my dogtertjie ook elke maand.

By wilgers hospitaal (Life) kry mens gewoonlik n great baba sak, maar ek gaan mos nou nie meer Wilgers toe nie :( So ekt die registrasie betaal vir niks. By Femina Hospitaal (Netcare) moet jy die babasak extra koop (selfs al betaal jy n stewige registrasie fooi). Maar dit werk my goedkoper uit om net self my eie babasak saam te vat.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 5 months ago #248405 by kayla
Hi minki jy vul die vorm in by navrae en kry dadelik jou kaart. Ek is seker jy kan hulle vra om al jou punte oor te plaas na die baba kaart toe. Jy moet net R300 spandeer aan baba goed en dan kry jy die sak. Ek weet nie of daar samples in is nie, maar ek glo so. Met hulle specials op doeke het ek al meer as genoeg.

Jy sal sommer dadelik jou sak kry want jy kry dit eers in jou derde trimester. Dan kan jy my se of daar samples in is. Ek het iewers gehoor jy kan by woolies ook iets kry, maar ek het nog nooit iets gesien nie. Miskien is dit net n storie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account