heart gesels saam op die pad na geboorte

12 years 7 months ago #248404 by minki.vandriel
Kayla - Bly jyt darem nou geregistreer :) Ek moet se hulle het my ook baie vinnig gehelp. Ek het ook nie vitality nie :( Maar eks so bly jy se my van Dischem!! Ek is n gewone kaarthouer (nie baby card nie) en koop SO BAIE daar met my boepie, en niemand van hulle se my hiervan nie! Dankie, ek gaan beslis n plan maak! Hoe stuur hulle dit vir jou? Deur die pos of moet jy dit by die winkel kry of wat? Weet jy?

Jyt darem nog bietjie tyd vir UIF vorms. Soos ek se, jy mag dit inelkgeval nie ouer bank vorms as 60 dae ingee nie. Maar dit sal waarskynlik goed wees om solank na alles te kyk en deur te lees.. dis omtrent 'n frieken handboek! :(

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 7 months ago #248401 by kayla
Dellie ek is so bly jy vra oor UIF. Ek moet ook seker begin dink aan dit. Nog net 4 maande oor. :woohoo: :woohoo:

Ek het uiteindelik by discovery gerigestreer en dit was so maklik. Ek het nou n auth nommer. Ek kwalifiseer nie vir die discovery baby nie want ek is nie n vitality lid nie :cry:

Maar by die hospitaal en by dischem sal ek ietsie kry. Het julle by dischem gerigestreer? Jy moet net n vorm invul en R300 spandeer, dan kry jy n sak in jou derde trimester. Ek love freebies

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 7 months ago #248386 by minki.vandriel
Hi Dellie!

Dis goed om van jou te hoor! Ek is so bly alles gaan goed met jou en kleinding is mooi gesond :) En ja, dis waarlik 'n blessing as jy nie registrasie fooie hoef te betaal nie!! Ek moes 2x betaal omdat ek hospitale geskuif het :( Ooh en jy sien seker vreeslik uit na jou 4D!! Dis net die amazingste ding ooit!

Wat UIF betref, sou ek dit so gou as moontlik ten minste begin invul. Jy gaan nie glo hoe baie vorms daar is nie. Daar is vorms wat jou bank, jou werk, jou dokter en die polisie stasie (gesertifiseerde ID ens) vir jou moet doen! En ek sou ook DEF eerder Life's Miracles gebruik - hulle gee vir jou 'n hele handleiding oor hoe om die vorms in te vul. Glo dit of nie, maar dit is NIE obvious nie. Party plekke se bv. datum: maar jy mag dit nie invul nie! As jy per ongeluk doen, decline hulle jou aansoek!
Wat tyd betref: jou bank vorms mag nie ouer as 60 dae wees nie. So enige tyd vanaf 60 dae voor jou leave :) Ek het dit net so gou as moontlik afgehandel want dis omtrent 'n stress! Sterkte!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 7 months ago #248384 by Dellie
Hallo aan al die moomies!

Stellatjie - jou bondeltjie is te pragtig! Jy moet hom sommer baie geniet. Kom vertel ons jou storie sodra jy kan! xx

Tanya - hoop jy voel beter en dat poppie nog klou!

Minki en kayla - Bly dinge gaan goed aan julle kant.

Waar is Yolindy, Bytjie en Baby? Kom update tog so bietjie.

AFM - jammer ek was bietjie stil gewees. Ek was van verlede Dinsdag bietjie met verlof en het my ma gaan haal
om bietjie by ons te kom kuier. Dit was heerlik! Gister weer terug op my pos! Ek was die 16e by die dr op 21 weke
en alles is perfek - sy weeg nou 383g. Ek sien die dr nou weer die 5e Mei en die 9de Junie gaan ek vir my 4D.
Ek het my bed ook geboek by Unitas so dis darm nou gedoen. Ek het darm glad nie 'n registrasie fooi betaal nie
en kry my 4D gratis - dit help darm baie.

Het julle al naampies vir julle bondeltjies?

Minki, Stella en Tanya - julle kan dalk hiermee help - hoe lank voor die tyd reel mens die UIF? Julle het so 'n
rukkie terug gepraat van Life's Miracle UIF en beoog om hulle te gebruik - sien nie kans om elke maand in daai
rye te gaan staan nie.

Julle moet 'n lekker daggie he!

xx

Me: 30 (PCOS)
DH: 31

TTC: Since September 2012
May 2013 – Fertomid - no follicles
June 2013 - Laparoscopy and Ovarian Drilling
Aug 2013 - 2.5mg Femara and Ovidrel (homeplan) - BFN
Oct 2013 - 2.5mg Femara, Menopur, Ovidrel (homeplan) - BFN

28 Oct 2013 - Move to a FS - Dr Johan Pentz

05.12.2013 - Femara, Gonal F, Lucrin - IUI - BFP 18 December 2013 Beta 127..So blessed!

3.01.2014 - first scan 6 weeks 1 day - one perfect heartbeat.
14.02.2014 - 12 week scan - absolutely perfect and all going well.
10.03.2014 - It's a little girl!

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 7 months ago #248370 by minki.vandriel
Hi almal!

Hoop dit gaan goed! Hier gaan alles darem nog honkie dorie. Boetman het uiteindelik besluit om te "drop", so mamma se maag en longe kry bietjie n breuk - yay!

Kayla, ek het glad nie gesukkel met Discovery nie. Ek het ook geworry dat ek gaan, maar ek moet se hulle was baie vriendelik en behulpsaam. Ek het rerig alles kon verander in 'n kwessie van minute - selfs al was my skuif van dokter na vroedvrou! :) Ek sou jou aanraai om maar so gou as moontlik 'n plan te maak.. mens hoop nooit vir 'n vroee baba nie, maar mens weet nooit wat die kleingoed se planne is nie. Dink dit sal jou nog meer uitstress as jy in vroee kraam gaan en geen registrasie het nie!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 7 months ago #248365 by kayla
Hello julle

Hoop julle elkeen het julle paasfees geniet. Ons was net baie rustig by die huis, ons gaan n bietjie weg volgende week.

Minkie, ek wil gou by jou hoor, was dit maklik om jou preauth by discovery te verander? Ek sit en tob oor of ek moet registreer of nog n bietjie uithou. Ek is altyd maar bang as dit by mediese fondse kom. Hulle besluit te maklik hulle gaan nie betaal nie.

Al die ander, ek glo no news is good news, so dis goed. Update as julle weer vir n scan gaan

Tanya, geen drama meer met die kontraksies nie?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 7 months ago #248317 by kayla
eish minkie jy moet knyp. Ek het al vroeg vroeg vir my gynea gese sy mag nie af vat tydens my kraam nie. haha, as if....

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account