Hi Almal!
Ek hoop dit gaan goed! Was gister vir my laaste scan by my backup gynea. Ek moet se sy is rerig baie oulik. Ek gaan nie eers die scan post nie, want Pierrie is al so gesquash, mens kan geen kop of stert uitmaak nie - haha! Hy is nou om en by 2.67kg. Dr se hy le al mooi laag en perfek gepositioneer vir 'n maklike, vinnige geboorte

Dis nou net vir die lang ongeduldige wag.. Die laaste paar weke voel soos jare!
Stella - Ek sit nou hier en pik saam met jou n traan! (als laat my deesdae huil) Wat 'n amazing wonderwerk! Hy is so pragtig. Ek kan nie wag om jou storie te hoor nie! 8 ure is lekker kort vir n eerste bevalling (veral vandat water breek!). Ek glo def dat hypnobirthing daarmee help omdat mens bietjie meer ontspan. Ek was langer in kraam (vanaf water wat breek) MET induksie! Well done!
Tanya - Ai tog janee, dit lyk vir my daai kleinding kan nog minder wag as jy

Hoeveel weke is jy nouweer op die oomblik?? As ek reg onthou was jy baie dieselfde as ek wat beteken jy is so te se amper vol termyn darem? (alhoewel mens maar altyd hoop vir ten minste so na as moontlik aan 39 weke).
Kayla- Hello! Ooh amper nog net n wekie

Daars tog niks lekkerder as om jou kleinding op sonar te sien en weer seker te wees alles is okay nie!