Hi almal!
Ek hoop dit gaan goed met julle almal. Hier gaan dit goed - raak nou net groot, swaar, moeg en ongemaklik! Ek moet se, veral met my dogtertjie wat nou heeltyd allerhande verkoues en kwale by die skool optel en 70 keer deur die nag skreeu om opgetel te word, is my lont maar BAIE kort deesdae. Voel bietjie soos n zombie

Party dae raak ek nogal bang om dan nog 'n baba te he om ook na te kyk. My man help gewoonlik rerig baie, maar hy is BAIE in Ghana vir werk

Dan gaan dit net ek en die kids wees.. Voel partykeer bietjie overwhelmed met daai idiee, maar mens kom seker op die ou einde reg op n manier.
Tanya - sjoe, ek is bly julle is darem okay nou! Dit kan nogal 'n scary gedoente wees seker. Maar moenie te seker wees oor die gewig nie

Myne was 2.2kg op 32 weke. Dokter vergelyk altyd sy gewiggie met my vorige swangerskap en hulle is maar dieselfde. My dogtertjie het nogtans op presies 40weke minus 1dag gekom!

En sy was darem net 3.5kg op die ou einde. Hierdie goedjies is maar moeilik om te voorspel - en hoe nader aan 39 weke, hoe beter! Ek hoop die vroee kontraksies bly darem nou bietjie onder beheer.
Kayla - Is alles nog okay by jou met die bloeddruk en hart dinge?
Stella - ek hoop jou laaste werksweek gaan vinnig verby! Dan kan jy darem bietjie rus met jou moee voete in die lug
Baby - jou fotos is te mooi! Dis so exciting om sulke mooi images te kan sien!!
Dellie - hallo, hoe gaan dit!? Jys so stil deesdae. Hoe lyk dinge by jou?