Hallo julle, almal!
Ek hoop dit gaan baie goed met julletjies! Gaan goed hier ook. Begin nou net lekker swaar en ongeduldig raak! Hier aan die einde begin dae soos weke voel! Maar ek voel darem goed oor die algemeen (dankie tog), kleinman doen net bietjie die lambada op mamma se maag - so sukkel bietjie om normale porsies te eet - en ek LOVE eet!

En die kuit krampe en been en enkel swelling skop nou bietjie in.
Ek het die naweek darem al my tasse klaar gepak. Ek is maar bietjie n "control freak" en voel BAIE rustiger as ek weet dis gedoen en reg. Maar genade, dis n kraamsak, mamma sak, baba sak, pappa sak en sussie sak! LOL
Klein Pierrie se kamer is ook so te se reg en kleertjies gewas en gestryk

Ek moet nog net die heater verf dans dit klaar! yay!
Begin nou lekker opgewonde en nervous raak!
Kayla - ek is bly dit gaan goed met jou gesondheid. Ek hoop dit gaan net al hoe beter soos wat jou swangerskap vorder! My datum is rondom 14 Mei.
Stella - ek hou in spanning dop vir wanneer jy verdwyn! Kan jy glo dis amper tyd om jou wonderwerkie te ontmoet?! Excitement!!!
Dellie - Dis goed om weer van jou te hoor! Hoe gaan dit?!
Tanya - hello, hoe gaan dit? Janee braxton hicks voel nogal snaaks. Met 'n 2de swangerskap begin dit nog vroeer en meer gereeld

Ek oefen sommer my ontspannings asemhaling met hulle!