heart gesels saam op die pad na geboorte

12 years 5 months ago #247860 by kayla
geniet julle naweek mense. Nog net 3 ure 15 minute oor dan is dit NAWEEK

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 5 months ago #247799 by StellaK
Hey Dellie,

lekker om van jou te hoor. het al begin bekommerd raak.
sjoe, kan amper nie glo jy is al halfpad nie.
onthou daar is baie goedjies wat jy kan doen voor die tyd om daai skeur te vermy tydens normaal. dalk moet jy bietjie oplees daaroor.

ek het niks betaal om die bed te boek nie.

o ja, Kayla, die beste tyd vir 4D is soos Tanya se tussen 27 en 30 weke. na 30 raak hulle vinnig uit spasie uit, dan sukkel hulle om mooi foto's te kry.

me 35, DH 39

TTC #1 since Oct 2012
March 2013 BFP, May 2013 MC at 10 weeks (Blighted Ovum)
6 Aug 2013 BFP, Gerhard gebore 8 April 2014
[link=https://lilypie.com] [/link]

#2 BFP 3 Jan, Franswa gebore 8 Aug 2015
[link=https://lilypie.com] [/link]

#3 TTC from Apr 2018
MC Oct 2018
BFP 23 Nov 2018
[link=https://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 5 months ago #247797 by minki.vandriel
Hi almal!

Kayla - Die hypnobirthing is nogal regtig vir my great. Maar dit vat baie comittment en harde werk ook! Ek oefen omtrent 'n uur ELKE DAG. As jy nie doen nie, gaan jou lyf nie gekondisioneer wees op die dag nie en gaan dit nie 'n verskil maak nie. Maar ek dink ek is baie meer determined hierdie rondte agv my vorige ervaring! En jou kanse om te skeur is ook BAIE minder omdat mens met hypnobirthing NIE DRUK NIE. Jy haal net asem en laat jou lyf die werk self doen ;) Gaan kyk gerus na Beautifully Born. Hulle bied die regte Hypnobirthing klasse aan en kan ook die boeke deur hulle kry (Hypnobirthing, The Mongan Way - deur Marie Mongan).
4D se hulle tussen 28 en 32weke. Maar ek sou nie langer as 28 weke wag nie :)

Dellie - Hi dis goed om weer van jou te hoor! Eks bly dit gaan goed :) Mens betaal gewoonlik vir jou bed booking, ja. Dit sal afhang van die hospitaal. Wilgers het my R300 gekos en Femina R400. Maar mens kry gewoonlik nogal nice goodies by. Party hospitale gee vir jou 'n hele baba sak (sodat jy amper niks behalwe klere vir baba hoef te pak nie), ander gee n 4d scan verniet, baba se 1ste entings is gewoonlik ook ingesluit! So daar is darem nice perks :)

Stella - eek! excitement!! Klink my boetman groei baie mooi! Hoop dis nie meer lank wat jy so swaar hoef te dra nie! Ek moet jou se, ek weet RERIG nie waar my boetie wegkruip nie. Ek dra so klein, maar hys al 2.5kg...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 5 months ago #247795 by StellaK
Goeie more dames,

gister was ons heeltemal van lyn af hier by die kantoor.

hoop julle het almal 'n lekker dag

Minki, bly jy het die Hypnobirthing so geniet. dit gee mens nogal 'n ander perspektief oor die geboorte proses.

Hoe gaan dit met die res van julle?

Ons was gister weer by die dr. boetie baba is nou 3,5kg en als lyk nog goed.
dr het interne ondersoek ook gedoen en se als is nou slag gereed vir geboorte. my serviks is al mooi sag en het so net net begin ontsluit. so sy se effektief kan baba nou enige dag kom.
kyk, nou is ek darem baie opgewonde.

geniet die dag :heart: :heart:

me 35, DH 39

TTC #1 since Oct 2012
March 2013 BFP, May 2013 MC at 10 weeks (Blighted Ovum)
6 Aug 2013 BFP, Gerhard gebore 8 April 2014
[link=https://lilypie.com] [/link]

#2 BFP 3 Jan, Franswa gebore 8 Aug 2015
[link=https://lilypie.com] [/link]

#3 TTC from Apr 2018
MC Oct 2018
BFP 23 Nov 2018
[link=https://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 5 months ago #247794 by Dellie
Hallo almal!

Jammer ek was bietjie skaars - het nie regtig veel om te se op hierdie stadium nie. Gaan goed met my en ons
poppie - sien elke dag net meer en meer uit na haar. Ek het die naweek begin met die baba kamer want ons
het nou 'n kot gekoop. Ek het alles netjies in haar kas gepak en die kamer bietjie uitgesorteer. Ek gaan 'n
Winnie the Pooh tema doen met pienk hier en daar.Sy is nou meer woeliger en ek voel haar 'n paar keer in
die dag skop - veral as ek iets soets geeet het! Dis die mees spesiaalste gevoel!

Ek is nog baie deurmekaar oor of ek 'n keiser of normaal wil kraam. Ek het baie sterk 'n keiser oorweeg maar ek
weet nie meer nie. Al hoekom ek bang is vir normaal is as ek dalk skeur.

Ek moet nou in April (na my 20 weke scan) my bed gaan boek asook die 4D en antenatal klasse. Betaal mens
iets as ek bed booking doen? En wat het julle betaal?

Kayla - dis nou jammer dat jy nie kon sien of dit 'n pienk of blou voetjie is nie maar ek glo die volgende keer sal
jy kan sien. Baie sterkte met jou gesondheid en ek glo alles sal goed verloop vir jou.

Stella - jou daggies raak nou baie min! Een van die dae hou jy vir boetie vas!

Hallo Minki en Tanya! Hoop dit gaan sommer goed met julle!

Hoop julle het 'n lekker daggie.
xx

Me: 30 (PCOS)
DH: 31

TTC: Since September 2012
May 2013 – Fertomid - no follicles
June 2013 - Laparoscopy and Ovarian Drilling
Aug 2013 - 2.5mg Femara and Ovidrel (homeplan) - BFN
Oct 2013 - 2.5mg Femara, Menopur, Ovidrel (homeplan) - BFN

28 Oct 2013 - Move to a FS - Dr Johan Pentz

05.12.2013 - Femara, Gonal F, Lucrin - IUI - BFP 18 December 2013 Beta 127..So blessed!

3.01.2014 - first scan 6 weeks 1 day - one perfect heartbeat.
14.02.2014 - 12 week scan - absolutely perfect and all going well.
10.03.2014 - It's a little girl!

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 5 months ago #247788 by TanyaS
Minki, ek dink ek gan bietjie gan lees oor hypnobirthing, dalk sal dit my beter laat voel :) Wat is die boek se naam wat jy gelees het?

Kayla, die beste tyd vir jou 4D is hier by 28 tot 30 weke ek dink

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 5 months ago #247777 by kayla
Dankie julle

Ja kyk, ek dink my baba is spiteful. :evil:

Ek voel goed. Sal maandag nou hoor wat is vir wat, maar ek het vir die dokter gese as sy my op meds sit moet sy my kan bewys dat om nie meds te gebruik nie gevaarlik is vir my. Ek kan deur die simptome leef, maar ek wil nie my baba skade aan doen nie. So hulle gaan alles toets en as dit normaal is (behalwe die bloeddruk) sal ek nog bietjie uithou.

Minkie ek is so bly jou hypnobirthing maak jou rustiger. Wanneer is die beste tyd vir n 4D? Ons sal vreeslik graag een wil doen.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account